Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 18: ‘Binge’ dié reekse tydens inperking – Kwarantyn

Nuus
27 Junie 2020
Hier is ons top-5 reekse om te ‘binge’ as inperking sy tol eis.
Binge kykNET

Op dag-16 van Kwarantyn het Manie teruggekeer nadat hy ’n operasie ondergaan het om sy blindederm te verwyder. As of dit nie erg genoeg is om ingeperk te wees nie, moet mens nog laag lê om te genees van ’n operasie. Wat maak jy met al die tyd op jou hande, veral as jy meeste van die tyd rustiger moet wees weens mediese omstandighede?

LEES: DIE MANIE OM MANIE

Rusbank toe vir top-vermaak: Daar is stories wat mens stadig wil ervaar en verwerk, maar ons het vyf reekse vir jou wat ons waarborg jy sommer op een slag sal wil klaar kyk, net omdat jy móét weet wat aan die einde gaan gebeur. Boonop is al vyf beskikbaar op ShowMax.

LEES OOK: KYKNET BRING SPLINTERNUWE VERMAAK IN JULIE

Hier is ons top-5 keuses:

1.  Fynskrif
Is jy eintlik Suid-Afrika se beste prokureur, maar jy het nog net nie die kans gekry om jouself te bewys nie? Dan is jy beskore vir dié kykNET-drama. Kyk, ’n prokureur se lewe het nog nooit só opwindend gelyk nie. Daar’s ’n kinkel om elke hoek en draai, met ’n tikkie wysheid in elke episode. Dis ’n mengsel van The Good Wife, Boston Legal, Parenthood en Brothers and Sisters en daar is ewe veel drama en komedie in elke seisoen. 


Ons was gek oor dié oomblik in seisoen 3.

Ons het ook onlangs agter die skerms gaan inloer. Kyk die video hier onder:

2. Die Boekklub
Is jy ’n boekwurm? Raak jou bene lam as iemand die naam ‘Armand Aucamp’ noem? As jy opsoek is na ’n komplekse uiteensetting van drama, intrige, hartseer, liefde en romanse, [dalk ook ’n gebroke hart of twee], kom kuier saam met ons in Merweville.

Laat dit oor aan Louis Pretorius om jou daarvan te oortuig om te kom kuier:




Wat op dees aarde maak Tom (vertolk deur Armand Aucamp) hier?

Tom, die onbeskaamde hipster, beland na sy ouma se dood in Merweville. Hy moet teen sy wil op dié dorpie met ’n enkele teerpad aanbly, en raak dan – teen die agtergrond van sy ouma se boekklub – betrokke by die wel en weë van die gemeenskap, en elkeen se ontroerende storie. Beslis imperking-kykgenot. 

En indien jy nogsteeds nie oortuig is nie, kyk hier.

3.  Hotel
As jy al ooit in ’n een ster-hotel was, sal jy weet wat op jou wag – as jy nog nooit was nie, is hierdie beslis ’n goeie voorbereiding vir wanneer jy uit inperking kom.


Ons lag nogsteeds vir dié oomblik!

Dié kykNET-mokumentêr handel oor ’n middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger, en sy kleindorpie-personeel wat spartel om Die Fransen Hotel, ’n substandaard-hotel in Fransenburg, Mpumalanga, se deure oop te hou. Eens die dorp se trots. Eens ’n baken. Eens. Nou skaars ’n een uit vyf op Trip Advisor. Jy sal ure om lag – beslis ’n ruskans op die rusbank werd. 

5. Boer Soek ’n Vrou
Van een werklikheidsreeks na ’n volgende: Vind uit hoekom Huisgenoot se voorblad meer gereeld gevul is met Boer Soek ’n Vrou-boere as met Bobby van Jaarsveld. Laat dit oor aan Elma Postma, Angelique Gerber, Nadia Beukes, Minki Joubert, Leah, en nou ook eersdaags Marciel Hopkins, om die land se boere in die gewilde kykNET-werklikheidsreeks te ondersteun in hul soeke na liefde. Nou al in sy dertiende seisoen – beslis die kyk werd. 

Marciel Hopkins nooi jou uit: 

4.  Lui maar op, Belinda
As kleindorpie-skinder en -drama jou koppie tee is, leen jou oor aan Belinda.

Ian en Ander is ’n klein hoekwinkeltjie in George en behoort aan Ian Jantjies, ’n middeljarige man wat die gejaag van die groot stad vir die vrede van ’n kleiner dorp verruil het. Maar vrede is daar nie, want die drie ouer mense wat vir hom werk, maak hom grys.

Vir meer inligting, hou FacebookInstagram en Twitter dop, en volg die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.