Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Betowerende skilderborde – Kunsvlyt 3

Nuus
12 September 2019
Diè week se projek sal elke kunsvlyter betower!
Betowerende skilderborde – Kunsvlyt 3

Kunsvlyter Teresa Wessels se hout-skilderbord het almal betower. Hier is hoe jy ook een kan maak: 

Skryf hier in vir ons Kunsvlyt-kompetisie. 

 

Jy Benodig: 

  • Krytverf in steenkool, grys, groen en room-kleur verf van Creative Talents
  • Hessian van Metro Lifestyle
  • Ogiesdraad en spons van die Rommelkas
  • Groot hout-skilderbord van Creative Talents
  • Hout voëltjies van Creative Talents
  • Hout fotoraam van Creative Talents
  • Little Birdie 2-in-1 modelling paste
  • Bubblewrap uit die Rommelkas
  • ’n Houtstomp uit die Rommelkas
  • Swart Pitt Pen van Faber Castel
  • Hessian tou van Metro Lifestyle
  • Celbr8 Masks: Script

Stappe: 

Stap 1
Verf die agtergrond van die hout-skilderbord met die steenkool-kleur krytverf. Plak hessian, ogiesdraad en plankies bo-op met die gomgeweer. 

Stap 2
Gebruik die droogverf-tegniek en verf vertikale strepe in bo-op die steenkool-kleur verf met die room-kleur verf. Gebruik dan ‘n sponsie en spons verf lukraak in die holte wat die houtblokkies vorm aan die regterkant van die bord. Spons ook so bietjie links bo-op die skilderbord om dit te raam. Vrommel bubblewrap op en druk dit hier-en-daar op die natverf vir verdere tekstuur.

Stap 3
Verf die voëltjies en raampie. Stensil op een voëltjie met die tekstuur medium en decoupage die ander voëltjie.

Stap 4
Gebruik gelatos in komplimenterende kleure van die hout en smeer dit op die blokkies, vryf dit met jou vinger in die hout in. Gebruik ook die inksponsie om die kleur van die hout uit te bring. 

Stap 5
Bind ’n strikkie om die stomp en plak vas op die agtergrond. Plak die houtraam en die voëltjies nou vas. 

Stap 6
Skryf die bewoording met jou Pitt Pen.

Kyk hier na die foto's: 

Gallery

Vir nóg meer kreatiewe idees, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.