Logo
Welvaartskeppers
web uni tv guide

Welvaartskeppers

144FinansiesPG13

Benodig jy kripto om welvaart te skep? – Welvaartskeppers

Nuus
12 Mei 2022
Vind uit.
Welvaartskeppers 6

In hierdie week se episode van Welvaartskeppers, word daar gekyk na kripto-geldeenhede. Die groot vraag is: Het jy dit werklik nodig? Die mede-aanbieder PJ Botha antwoord jou vrae. 

“Toe ek die eerste keer gehoor het van mense wat in kripto-geldeenhede belê, was ek bietjie skepties om die minste van te sê,” sê PJ Botha van Bovest. “Nie omdat ek nie in nuwe tegnologie en die gebruike daarvan glo nie, maar meer oor die rede waaroor almal daarin belê. Meeste mense wat daarin belê, doen so oor die hoë groei wat hulle kan kry en omdat hulle glo dat die belegging nog 10 keer in waarde gaan styg.”
 
Sodra mens daai woorde hoor dan moet jy versigtig trap, sê hy. 
 
“Eerder as om dit dadelik af te skiet, het ek bietjie navorsing gedoen oor wat dit presies behels. Ek het nie soveel belanggestel in die praktiese werk van die kripto-geldeenhede nie, maar meer oor wat dit presies is? Is dit ’n geldeenheid, ’n bate of iets anders?”


 
Volgens PJ is die definise van ’n bate ’n hulpbron wat vir jou toekomstige ekonomiese waarde kan gee en dit is meetbaar. Aangesien kripto nie so meetbaar is nie en nie toekomstige inkomste gee nie, is moeilik om onder hierdie kategorie te plaas.
 
“Kripto-geldeenhede is wel ’n tipe geldeenheid, maar word nie juis vir daardie doel op hierdie stadium gebruik nie. Dit is ook te wisselvallig op hierdie stadium om as geldeenheid van dag tot dag te gebruik.
 
“Ek is van die opinie dat dit wel ’n bewaarder van waarde is soos byvoorbeeld goud of skilderye. Pryse gaan op as meer mense wil koop of vertroue het in die belegging, en die prys gaan af hoe meer mense dit verkoop. Daar kan dus nie ’n beleggingswaarde vandag bereken word as daar na toekomstige inkomstes gekyk word nie, maar dit word hoofsaaklik deur sentiment gedryf.”
 
Hy sê hulle kry gereeld die volgende vrae by hulle kliënte: Moet hulle kripto-geldeenhede koop en hoe groot deel moet dit van hulle portefeulje wees?
 
PJ stel voor jy moet die volgede faktore oorweeg voor jy koop:

  • Verstaan wat jy koop. Soos enige belegging wat jy maak, moet jy verstaan waarin jy belê en nie net koop omdat ander dit koop nie.
     
  • Daar is baie verskillende geldeenhede, jy moet dus goeie navorsing doen oor watse een om te koop of diversifiseer oor verskillende kripto-geldeenhede.
     
  • Met enige nuwe tegnologie kom daar baie “scams” uit. Gebruik ’n platform wat gereguleerd is en betroubare naam het voor jy jou geld daar insit.
     
  • Besluit hoeveel jy bereid is om te “verloor”. Aangesien dit ’n baie wisselvallige en onbekende belegging is, sal ek nie voorstel dat jy al jou spaargeld daar moet insit of geld gebruik wat jy benodig om van te leef nie. Besluit watter deel van jou portefeulje jy bereid is om mee risiko te vat en wat daar kan bly vir die langtermyn.

“’n Beleggingsportefeulje is kombinasie van winste najaag en risiko beskerm, so dit is belangrik om nie winste te najaag wat onrealisties is nie,” sê hy. “So as jy besluit om in kripto-geldeenhede te belê, maak seker dit pas in by jou langtermynplan en dat dit ’n klein deel van jou totale portefeulje uitmaak.”
 
PJ en Geo bespreek dit verder – kyk die video hier onder: 

Die Welvaartskeppers saai Donderdae om 17:30 uit op kykNET, DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Welvaartskeppers.