Logo

Beleef jou Wêreld in Afrikaans: Follicle Hair Atelier

Nuus
22 Mei 2015
Follicle Hair Atelier in Pretoria is geen vreemdeling wanneer dit kom by van die grootste name in die bedryf nie.
HareGrimering

Follicle Hair Atelier in Pretoria is geen vreemdeling wanneer dit kom by van die grootste name in die bedryf nie, en hulle het al saam met ’n paar bekende kykNET-gesigte gewerk.

Dié haar- en skoonheidsalon is ’n vennoot in die Beleef jou Wêreld in Afrikaans-projek, en het die kunstenaars se hare versorg. Follicle Hair Atelier en MUD-grimering het boonop die haarversorging en grimering vir die projek geborg.

Follicle Hair Atelier bly op die hoogte van die jongste neigings, tegnieke en produkte en streef daarna om uitstekende maar blitsvinnige diens aan kliënte met besige skedules te verskaf.

Besoek hul webblad hier.