Logo
Welvaartskeppers
web uni tv guide

Welvaartskeppers

144FinansiesPG13

Begin alles met ’n idee? – Welvaartskeppers

Nuus
26 Mei 2022
In vandeesweek se episode van Welvaartskeppers word die vraag gevra: Het jy daardie groot idee nodig?
Begin alles met n idee Welvaartskeppers

“Ek is van mening dat idees se waarde oorskat word,” sê PJ Botha van Bovest. “Almal hou daarvan, want dit voel as jy daardie groot idee kry gaan jy suksesvol wees. Dit is soos om die Lotto te wen of om daardie pil te drink wat jou uiteindelik maer gaan maak. Al wat jou dus eintlik terughou van jou miljoene en droomwerk, is die feit dat jy nog nie daardie groot idee ontdek het nie.”

Hierdie idee, sê hy, fokus op die maklike resep en weerhou ons om stappe te neem om ons drome ’n realiteit te maak.



“Almal wag vir daardie groot idee om op te duik, maar die realiteit is dat meeste suksesvolle besighede gebou word op ander idees en oor tyd ontwikkel word,” sê PJ.

Versus Socks en Nico van Aardt was vandeesweek die fokus. Hulle het bestaande industrieë ondersoek en gekyk of daar potensiaal is om dit te verbeter. Om meer innoverend op te tree en uitvoerbaarheid te vebeter, het hulle op die ou end bo hul kompetisie laat uitstaan.

“Dit was dus nie die idee wat die groot verskil gemaak het nie, maar die uitvoerbaarheid daarvan,” verduidelik PJ.



“To me, ideas are worth nothing unless executed. They are just a multiplier. Execution is worth millions,” het Steve Jobs gesê.

“So die fokus moet eerder skuif na uitvoerbaarheid van idees,” sê PJ.

Hiermee sy praktiese raad indien jy jou besigheid en loopbaan, en die omskepping van idees, ’n werklikheid wil maak:

  • Vra ander kenners in jou industrie vir goeie raad. Hulle kan jou dalk ander insig gee.
  • Hoor wat is die kliënt se behoeftes. Ons is partykeer so vasgevang in ons eie idees, dat ons van die eindverbruiker vergeet. 
  • As jy ’n groot idee het, stel vir jouself mylpale wat bereikbaar is. Groot veranderinge gebeur gereeld in klein stappies.
  • Belangrikste van alles: Begin om jou planne uit te voer. Dít is hoe jy ’n groot idee realiteit maak.

“Meeste oornag-suksesstories lyk van buite of dit groot idees was wat skielik suksesvol geword het,” sê PJ. “Maar niemand sien die jare se harde werk agter die skerms nie. Fokus op uitvoerbaarheid – dit is die enigste manier vir ’n idee om te werk.”

Die Welvaartskeppers saai Donderdae om 17:30 uit op kykNET, DStv-kanaal 144. Gesels saam op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Welvaartskeppers.