Logo
Kunsvlyt
web uni tv guide

Kunsvlyt

144RealiteitsprogramFamilie

Bederf jou geliefdes – Kunsvlyt 3

Nuus
27 Augustus 2019
Dié week maak ons kunsvlyters ’n mooi geskenk vir ’n vriendin, maar wag daar is ’n kinkel ...
Kunsvlyt Ep 8 Danielle N. 06

Kunsvlyter Danielle Nortier wys jou hoe om ’n geskenk vir ’n spesiale vriendin te maak. En nou kan jy ook: 

Jy benodig: 

  • Groot reghoekige skilderbord van Creatvie Talents
  • Creative Talents Chalk Paint in Sable, Eucalyptus, Buttermilk
  • ’n Ou boek
  • Twee verskillende stensils – Mandala en Moroccan van Creative Talents
  • Bryer en sponsroller van Dala
  • Kwasse van Dala
  • The Wholesaler Little Birdie reeks: Texture Sand, 2-in-1 Modeling Paste, Gold Wax
  • The Wholesaler Tombow-gom
  • Faber-Castell Akrielverf in rooi
  • Scrapbook papier van The Wholesaler
  • Gomgeweer
  • Clay Club voëltjie mosaïek-teëls
  • Stazon Ink Pad van The Wholesaler in swart
  • Verso Ink Pad van The Wholesaler in Jumbo Java
  • Paletmes van Dala

Stappe: 

Stap 1
Verf die agtergrond met krytverf in die kleur Sable en los tot droog. Gebruik die bryer tool van Dala en krytverf, in kleur Eucalyptus, en verf lukraak oor die bord.  Droogverf met die buttermilk kleurverf. 

Stap 2
Skeur stukke papier uit ’n ou boek uit in verskillende groottes en plak met Tombow gom vas op die agtergrond.

Stap 3
Druk die Swart Stazon ink sponsie op verskeie plekke op die hout skilderbord. Moenie hard druk op die sponsie nie, dit moet ‘n verfeerde effek skep en nie ‘n soliede blok nie.

Stap 4
Meng die tekstuur medium (modelling paste) met die Sable krytverf en stensil hiermee op die agtergrond met die mandala stensil. Los om droog te word.

Stap 5
Gebruik weer die tekstuur medium maar meng dit diè keer met die Sable kleur krytverf en die tekstuur sand. Gebruik die pallet mes en smeer stroke daarvan lukraak op die skilderbord bo-oor die agtergrond.

Stap 6
Die Morrokaanse stensil en die krytverf (buttermilk) is gebruik om bo-oor te stensil. Los om droog te word.  

Stap 7
Druk ‘n kwas in die sand kleur krytverf, gebruik dit om spatsels op die agtergrond te maak.

Stap 8
Sny twee slagspreuke uit die plakboekpapier en rond die kante af met die Jumbo Java ink sponsie. Plak dit vas en stensil verder met die goue ink.

Stap 9
Gebruik die rooi akrielverf en druk sommer met jou vinger so ’n bietjie daarvan bo op die tekstuur mandala wat vroëer gemaak is.

Stap 10
Versier verder met die mosaïek-voëltjies. Rond die kante van die skilderbord af met die goue ink sponsie.

Kyk hier na die foto’s:

Gallery

As jy hou van wat jy sien, skakel Maandae om 17:30 in vir Kunsvlyt en deel jou kreatiewe kunswerk op FacebookTwitter en Instagram met die hutsmerk #Kunsvlyt.