Logo

Ballade vir ’n Enkeling Voorskou: 18 Maart 2015!

Nuus
16 Maart 2015
Daar is 'n landswye voorskou van Ballade vir ’n Enkeling op 18 Maart 2015!

Daar is 'n landswye voorskou van Ballade vir ’n Enkeling op 18 Maart 2015!

Ballade vir ’n Enkeling en Ster-Kinekor Entertainment het besluit om ’n landswye voorskou van die film Ballade vir ’n Enkeling te hou. Met hierdie geleentheid sal Suid-Afrikaners die kans kry om Ballade vir ’n Enkeling te gaan kyk op Woensdagaand 18 Maart 2015, twee dae voordat die film amptelik op die grootskerm landswyd begin draai. Die voorskou van die film sal by Ster-Kinekor, Nu Metro en onafhanklike teaters landswyd vertoon word.
Vir die publiek wat net nie meer kan wag om die film te sien nie is die voorskou ’n gulde geleentheid om die afwagting van korter duur te maak en diegene wat hierdie geleentheid misloop kan die film eersdaags vanaf die openingsnaweek op 20 Maart in teaters landswyd gaan kyk.
Vir besprekings en meer inligting, besoek gerus Ster-Kinekor by www.sterkinekor.com, Nu Metro by www.numetro.co.za of besoek die naaste onafhanklike teater.

Kyk hier na Die Heuwels Fantasties se video vir die lied, Ballade vir 'n Enkeling.



Publieke skakels:
Webwerf: www.balladefilm.co.za
Facebook: www.facebook.com/Balladefilm Twitter: @Balladefilm
#MoenieDinkNiedoenNet

Kyk hier na Joshua na die Reen se video vir die lied, Voshaarnooi.



Volg hierdie skakel om die lokprent van Ballade vir ‘n Enkeling te kyk.