Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Augustus sorg vir drama in Arendsvlei!

Nuus
31 Julie 2020
Maak jouself solank reg vir tonne drama dié Augustus in Arendsvlei!
Arendsvlei Augustus Hoogtepunte Article Header

Terwyl Wendy Newman, Steve Mortlock en Debra gelukkige familie speel, ruk dinge handuit met Woelag, Stretch en Rekkie. Dié drie trawante beplan ‘n groot taak waarby Wendy en Steve graag betrokke sou wou wees, maar niks van weet nie. Gaan Wendy haar daar inwurm as sy uitvind en gaan Steve sy ou truuks weer uithaal? Arme Debra weet nie waartoe haar ouers in staat is nie. 

Dinge raak sienlik erger vir Zane Meintjies by die skool. Dit lyk nie of hy mooi gesien het wat met Emmie Miller gebeur het, toe Karelse haar met dwelms op die skoolgronde gevang het nie. Karelse beraam ‘n plan met Beatrice Abrahams en Thys Cupido om vir Zane vas te trek. Maar Zane kry snuf in die neus en betrek vir arme Mielies Booysen. Sal Zane uitgevang word vir sy dade? 

Dis tyd om te groet. Valdonia en Chantal Matthews kondig aan dat hulle Arendsvlei gaan verlaat. Dinge lyk eindelik beter vir dié twee sterk dames en Valdonia besluit dis tyd om haar drome te volg. Chantal sal natuurlik alles doen om haar ma te ondersteun, maar hoe sal Saartjie reageer as sy uitvind haar enigste suster is nou nie meer so naby nie? 

1
6
10
7
8
9
4
2
3
5
Gallery
1

Onthou om Maandae tot Woensdae om 20:00 in te skakel vir Arendsvlei. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #Arendsvlei te gebruik.