Logo
Slim KWP
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

As jy 'n wysneus is, is Kyk wie praat op soek na jou!

Nuus
22 April 2022
As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die 'Kyk wie praat'- klas gebruik die skakel hier onder vir ’n paar wenke oor hoe om in te skryf én hoe om jou video te laat uitstaan.
Homepage Billboard 1600x800

Ons wil die volgende by jou weet:

(Moet asb nie die antwoorde vooraf oefen nie. Ons soek spontane reaksies!)

  • Wat is jou naam?
  • Hoe oud is jy?
  • As jy een reël by die huis kan verander, wat sal dit wees en hoekom?
  • Wat is ’n rolmodel volgens jou? (Wat dink jy is dit of hoe klink dit vir jou?)
  • Vertel vir my van al jou stokperdjies? 

 

Whatsapp jou video na 079 639 3028  voor 2 Mei 2022

 

Stuur ook ’n Whatsapp-boodskap met die volgende inligting, saam met jou video: 

  • ’n Kop-en-skouers foto van jouself
  • Jou naam en van
  • Ouderdom
  • Geboortedatum
  • Ouer/Voog se naam en van
  • Kontaknommer
  • Fisiese adres
  • Epos adres

 

- Geen video’s sal aanvaar word as jy jonger of ouer is as 6-9 jaar nie.

- Geen video’s sal aanvaar word na die sluitingsdatum nie. (2 Mei 2022)

- Deelnemers moet beskikbaar wees vir opname tussen 8 en 28 Mei 2022 in Kaapstad.

- Slegs ouers of wettige voogde van kinders mag video’s instuur.

- Die selfoonnommer waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.

- Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan. Deelname aan Kyk wie praat, word nie gewaarborg  nie.

- Video’s mag nie langer as 2min wees nie en word sleg vir interne oudisies gebruik.

 

As jy tussen die ouderdom van 6 en 9 jaar oud is en wil deel wees van die Kyk wie praat- klas gebruik die skakel hier onder vir ’n paar wenke oor hoe om in te skryf en hoe om jou video te laat uitstaan.