Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Arendsvlei vier 500 episodes!

Nuus
19 Augustus 2021
kykNET & kie se eerste telenovelle, Arendsvlei, vier vandag haar 500ste episode.
Arendsvlei 500th Episode Twitter Cover   1500 x 500

Arendsvlei het op 1 Oktober 2018 afgeskop en die liefde en leed in die Vlei is lank nie klaar nie! 

Die telenovelle was aanvanklik net vir een seisoen goedgekeur, maar kykers het so vinnig daarby aanklank gevind dat twee ekstra seisoene bygevoeg is. 

Die eerste en tweede seisoene het elk drie keer per week van Maandae tot Woensdae uitgesaai en is in die derde seisoen na vier episodes per week verleng. Die telenovelle word by Atlantic Studios in Montague Gardens en Eersterivier geskiet.

Arendsvlei se eerste seisoen is ook vir nege SAFTA’s benoem en het met twee daarvan weggestap. Roberto Kyle het die SAFTA-toekenning vir beste akteur in ’n telenovelle gewen terwyl Beatrix van Zyl die SAFTA vir die beste kunsdepartement in ’n telenovelle gewen het.

Arendsvlei is die huis vir van Suid-Afrika se grootste talente; van Jolene Martin, Jody Abrahams, Crystal Donna Roberts, Melanie du Bois, Kay Smith en vele meer. In seisoen drie het nóg groot akteurs by ons aangesluit, soos Vinette Ebrahim, Chris van Niekerk, Natalia da Rocha en Dann-Jacques Mouton.

Die talentvolle akteurs en produksiespan het gister die groot mylpaal op stel gevier met ’n pragtige koek en sjampanje.

1
Arendsvlei 500
14
16
15
11
13
12
20
18
19
17
4
6
5
2
9
10
8
7
Gallery
1

Roberta Durrant, kreatiewe vervaardiger van Arendsvlei, sê sy is verskriklik dankbaar vir kykNET dat hulle vir Penguin Films die geleentheid gegee het om dié storie te vertel. 

“Ons kon baie talente in die Kaap ontwikkel deur Arendsvlei. Jong akteurs het hul eerste rolle gekry op Arendsvlei en ons kon nuwe regisseurs, skrywers, redigeerders en bemanning agter die skerms ontwikkel en oplei. Baie geluk aan die span met dié groot mylpaal. Julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie,” sê Roberta.

Theltom Masimila, kreatiewe vervaardiger en skepper van Arendsvlei, sê hy is ontsettend trots op die akteurs en produksiespan vir al die harde werk wat hulle insit.

“Ons sien uit om vir nog baie lank die stories van die mense van Arendsvlei te vertel. En die belangrikste van als, ons is dankbaar vir die kykers sonder wie so ’n produksie nie kan bestaan nie,” sê Theltom.

Arendsvlei word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET & kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai.