Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Arendsvlei se nuwe leerlinge

Nuus
01 Oktober 2021
Vind meer uit oor die nuwe leerlinge van Arendsvlei!
Artikel

Earl Kruger is Eugene, ’n jong man wat nooit enige aandag na homself toe aantrek nie. Hy is stil in die klas en op die skoolgrond en is eerder ’n waarnemer as ’n deelnemer. Sy oë mis egter niks nie. Hy het groot waardering vir sy pa, Willem, maar hy glo sy pa is teleurgesteld omdat sy seun nie die sterkste en grootste is nie.

Eugene

Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan, hoe het jy in die vermaakwêreld beland en hoe het jy die rol in Arendsvlei gekry?

Ek is gebore en is grootgemaak in Parow in Kaapstad. As kind was ek, en is ek steeds, baie ambisieus en hardwerkend. Acting is iets wat per toeval op my pad gekom het. Op hoërskool (Hoërskool Tygerberg) het ek aan toneel deelgeneem omdat my vriende dit gedoen het en ek gesien het hoeveel pret hulle het. Ons produksies het aan ATKV Tienertoneel deelgeneem en die produksie waarin ek was, Karretjiemense, het derde in die Kaap in 2017 geëindig.

Januarie 2019 was ek by ‘n 21ste verjaardag van ’n vriendin waar ek die regisseur Tyron Zoutman ontmoet het. Hy het gevra of ek deel van sy produksie, 9de Maand, wil wees en ek het ingestem. Ons het aan die Zabalaza Festival deelgeneem en was in Mei 2019 as die mede-wenners aangewys.

Augustus 2019 het ek by Stella Talent Agency aangesluit en in Oktober het ek die rol van Ryan in Suidooster gekry. Soos hulle sê: The rest is history!

My agent het in April vanjaar vir my ’n casting brief aangestuur en ’n goeie vriend het my gehelp met die oudisie-opname. Ek het twee tapes gemaak – ’n goeie een en een nie so goeie een. My vriend het per ongeluk vir my die nie-so-goeie-een gestuur en die goeie een delete. As gevolg van die deadline, moes ek dit stuur. 

Drie weke het verby gegaan en ek het vermoed ek het nie die rol gekry nie. Toe bel my agent kort daarna dat ek die rol gekry het en ’n paar dae later was ek die eerste keer op die stel van Arendsvlei.

Wat hou jy van jou karakter? Het julle enige raakpunte?

Ek relate baie met die karakter. Stil en doen sy eie ding meeste van die tyd. Hardwerkend wanneer dit by studies kom en hy sal altyd vir ander opstaan. Hy hou nie van konflik nie en glo daaraan dat vuiste nie probleme oplos nie.

Wat is jou drome vir die toekoms?

Ek wil my graad in Marketing Management voltooi, ’n loopbaan in die besigheidswêreld skep en steeds my passie vir die kassie uitleef.

As jy Arendvlei in drie woorde moet beskryf, wat sal dit wees?

Vibrant. Pioniers. Liefdevol.

Curtley Pitt is Joshua Meyer, die boelie in graad 11. Hy steel ander kinders se middagete, sakgeld en huiswerk. Hy pik op enigiemand wat hy dink swakker as hy is en put veral genot daaruit om op Terrence Fredericks te pik.

Joshua

Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan, hoe het jy in die vermaakwêreld beland en hoe het jy die rol in Arendsvlei gekry?

Ek kom van Cradock, die klein Karoo-dorpie in die Oos-Kaap. Acting is nie juis ’n loopbaankeuse nie en my eerste droom was om ’n professionele rugbyspeler te word. In klein dropies klou mense meer vas aan ’n sport-droom as ’n kunste-droom. My pa het my na Hoër Landbouskool Marlow buite Cradock gestuur en hulle was bekend vir hulle goeie rugby. Ek het in 2015 gematrikuleer. Die skool het nie drama as vak gehad nie, maar ek het twee keer per jaar by ons “big brag” en graad 8-ontgroening opgetree. Dit was die beste ervaring vir my op ’n boodskap in ’n kuns-vorm oor te dra. My rugbyvriende het gesê ek is ’n nerd omdat ek van drama hou.

In 2016 en 2017 het ek my rugbydroom probeer volg. Dit het nie uitgewerk nie, want dit is nie wat ek regtig wou doen nie. Ek was in ‘n donker gat en nie geweet wat ek van die lewe wou hê nie. Ek het begin skryf en het besluit ek wil dit deur kuns en verskillende karakters met die wêreld deel. My ouers het uiteindelik instem dat ek drama kan studeer. Baie mense was teen dit en het gesê dis ‘n groot risk. In my eerste jaar in 2018 was ek een van die swakste akteurs in die hele dramadepartement. My het gesê hierdie is my laaste shot so opgee was nie ’n keuse nie. Ek móés dit maak werk. Ek het my kop reggekry en al my fokus op drama geplaas. Einde 2020 en die einde van my finale jaar, was ek een van die beste dramastudente en was ek selfs die beste kandidaat in een van my vakke: acting for camera.

Ek het hard gewerk om te kom waar ek is. Ek is nog altyd gewillig om te leer en te groei.

Ná twee jaar se oudisies en nee’s, het ek die rol in Arendsvlei gekry. Ek is alewig dankbaar. Ek was vir so baie oudisies, maar ek het nooit opgegee nie. Ek het myself gebou tot die kunstenaar wat ek nou is. Ek het gevind waarvoor ek lief is. Rugby is wat my familie vir my in gedagte gehad het, maar acting is my keuse. Ek sien uit om nog storie te deel met mense deur my kuns.

Wat hou jy van jou karakter? Het julle enige raakpunte?

My karakter is confident, maar diep binne is hy eintlik ‘n insecure bang seuntjie. Hy boelie om weg te steek wie hy regtig is. Ek hou daarvan dat hy beheer vat van situasies; dat hy nie swakpunte wys nie.

Ek is self op skool geboelie – rassistiese opmerkings, opmerkings oor my voorkoms en ook omdat ek van drama gehou het. Ek weet hoe dit voel, maar ek weet ook hoe dit voel om te boelie. Later het ek aangesluit by die groepie wat my geboelie het omdat ek gevoel het dis al uitweg. Hulle het my dan gestuur ander mense te boelie. Ek het dus hulle skoothondjie geword. Dis beslis van die raakpunte met my karakter.

Wat is jou drome vir die toekoms?

Ek het my pa belowe ek sal hard werk tot ek ’n ikoon in die Afrikaanse bedryf is. Ek wil awards wen! Op skerm en in die teater. Ek is nie ’n akteur nie, maar ’n kunstenaar. Ek doen stemwerk, radio-werk, TV-aanbieding, teater en screen acting. Ek wil ’n Netflix gig en vele internasionale gigs doen. Ná al hierdie, wil ek my eie show maak en ’n dramaskool open. Ek wil mense help kom waar ek gekom het, veral mense van my community. Ek wil wys daar is lewe in kuns. Dat daar lewe is in wat jy glo. Just work it and do your part. The rest will come! Ek het aansoek gedoen by Unisa om verder te studeer en dit is alles deel van my plan om eendag ‘n dramaskool te hê.

As jy Arendvlei in drie woorde moet beskryf, wat sal dit wees?

Opwindend, passievol, relatable.

Kyle Morkel is Terrence Prinsloo, die tingerige seun wat enigiets sal doen om vriende met die seuns in sy klas te maak. Maar omdat Joshua die hele tyd op hom pik, is almal te bang om saam met hom gesien te word omdat hulle dan ook geboelie gaan word.

Terrence

Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan, hoe het jy in die vermaakwêreld beland en hoe het jy die rol in Arendsvlei gekry?

Ek is oorspronklik van Bredasdorp en het my liefde vir drama in graad 10 ontdek. Ek is baie skaam, die skaamste persoon ooit. Dit is hoekom dit so ironies is dat ek hierdie loopbaan gekies het omdat dit een is waar jy baie aandag kry. Ek is ook ’n social media celebrity op my eie manier wat baie snaaks is omdat ek so skaam is.

Ek het in graad 10 ingeskryf vir die Nasionale Toneelkompetisie nadat ek vele kere vir oudisies op skool gegaan het en nooit enige rolle gekry het nie. Ek is altyd gevra om in die agtergrond of deel van die tegniese span te wees. Maar dis nie waar ek wou wees nie. Ek wou voor die mense gestaan het en stories vertel het. Dit is my groot liefde.

Ek was uiteindelik in die top-30 in die land met die Nasionale Toneelkompetisie en ek het besef as ek in die top-30 in die land kan wees, dan sê dit vir my dat ek talentvol is en dit kan doen. En dit kom nie van myself af nie. Dis onmoontlik. Ek glo dit kom van ‘n hoër plek af. Dit wat ek op die tafel sit, kom nie van my nie, dit kom van God af.

Wat hou jy van jou karakter? Het julle enige raakpunte?

Terrence is baie soos ek. Ek is honderd persent gekant teen boeliegedrag en violence. Daar stem ons beslis saam. Ons wil net hê almal om ons moet liefdevol wees. Maar Terrence is bietjie te sag. Ek is nie so sag nie. As ek mense respekteer, moet hulle my ook respekteer. Ek wil ander goed laat vol oor hulleself. Wanneer ek afgekraak word, tolerate ek dit nie. Ek sal praat omdat ek voel ek moet myself nie verloor nie. Jy moet vir jouself omgee.

Wat is jou drome vir die toekoms?

Ek sal baie graag ’n sukses wil maak in hierdie bedryf. Maak nie saak wat nie – of dit acting is of skryf of directing. Ek hou van stories vertel en ek wil so veel as moontlik van ons Suid-Afrikaanse stories wil vertel en nie net op nasionale vlak nie, maar internasionale vlak. Ons het die mooiste stories en ek voel die wêreld moet dit hoor en sien. Ek is opgewonde oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Ons beweeg in die regte rigting en as ons mekaar ondersteun, sal ons ’n sukses hiervan maak. Ek droom dat ek deel daarvan gaan wees en ’n suksesvolle filmmaker en storieverteller sal wees.

As jy Arendvlei in drie woorde moet beskryf, wat sal dit wees?

Drie woorde is te min. Arendsvlei gee ’n honest representation van my mense gee. Wanneer ek Arendsvlei kyk, sien ek my ma, my pa, my aunties, my ooms, my niggies. Dis wat ek love.

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.