Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

April kom met groot drama – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2020
Hier is ’n voorsmaak van die drama wat dié maand op pad is!
1

Terwyl Hein raadop is met Anton se gebak, plaas Steve ’n saadjie in sy kop. Anton besluit om sy eie besigheid te begin, maar dit is nou as hy die perfekte plek kry. En waar sal hy die kapitaal kry om vir alles te betaal? Tot groot verbasing kom Hein tot sy redding en bied aan om vir die bakkery te betaal. Niemand vra vrae nie, maar almal wonder waar Hein die geld gekry het. Wendy is natuurlik glad nie gelukkig as sy uitvind sy het nuwe kompetisie in Arendsvlei nie. 

’n Onverwagte gas maak ’n draai in Arendsvlei om Hamilton en Beatrice se verhouding te vernietig. En dié keer het Wendy niks daarmee te doen nie… Die vraag bly egter, sal Beatrice werklik nóg ’n terugslag in haar verhouding kan hanteer? Dinge ruk so handuit dat selfs Gertie moet inspring om hul verhouding te red. Aan die einde van April vra Beatrice ’n belangrike vraag vir Hamilton en sy is verstom deur sy antwoord.

Steve besluit om ’n groentetuin by Hoërskool Arendsvlei te begin. Hein is baie beïndruk met sy tegnieke rondom die tuin. Die tuin is begin om te help met die sopkombuis en ook om die leerders van Hoërskool Arendsvlei besig te hou, maar is dit werklik al plan wat Steve met die tuin het? Boonop kry hyo ok ’n interressante besoek van Wendy waar dié twee koppe stamp. Maar hoe ken dié twee mekaar?

Bompie probeer steeds baie hard om Monique se vertroue te wen, maar net toe hy dink hy wen, steek Monique ’n klippie voor sy planne. Bompie gaan so ver om iets aaklig aan Monique se dansmaat te doen. As Monique dít moet uitvind dan sal sy nooit vir Bompie vergewe nie.

Boonop is dit tyd vir Valdonia se hoofsaak. Sy word daarvan aangekla dat sy haar man, Waanie, vermoor het. Valdonia, Bianca en Ronel is baie bekommerd oor die hofsaak, maar sodra dinge lyk of dit skeefloop, neem die hofsaak ’n onverwagse wending en haar vonnis word uitgespreek. Gaan Valdonia agter tralies beland?

Bly op hoogte met al die drama elke Maandag tot Woensdag en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!