Logo

Antoinette wys dat aanhouer wen! – Mooimaak 3

Nuus
03 Desember 2020
Antoinette se Mooimaak-reis is ‘n goeie voorbeeld van haar onblusbare deursettingsvermoë.
Untitled design

Sy het nie slegs al 3 keer vir hierdie reeks ingeskryf nie, maar moes ook veeleisende prosedures deurstaan om haar droom van ‘n nuwe self te verwesenlik.

Antoinette is welbekend met swaarkry en volharding.  Maar telkens het sy die keuse gemaak om positief voort te gaan, ondanks pynlike gebeure in haar lewe.  As jong ma het sy haar 4 maande oue dogtertjie aan die dood moes afstaan. Antoinette se stryd om haar menswaardigheid te behou was veral ‘n uitdaging toe sy in later jare vir ‘n tydperk huisloos geraak het.  Tydens die inperking het Antoinette weer haar inkomste en gevolglik ook haar verblyf verloor. Clare en haar span was egter betyds daar om te help trek na Antoinette se nuwe plekkie en Checkers het haar bederf met meubels en kruideniersware.

Weens Antoinette se bestaanstryd kon sy deur die jare nie aan haar voorkoms die nodige aandag gee wat sy graag wou  nie en het tekens van vroeë veroudering gewys. Laserderm en ‘n span Astetiese Dokters en Dokter Assistente het  besluit om op Antoinette se gesig en nek-areas te fokus. Antionette het onder andere spesifiek Fraksionele Laser gehad om kleur en tekstuur te verbeter en die kollageen is gestimuleer in die dieper lae onder die vel is deur middel van n Unieke Naald-met-radio-frekwensie sisteem. Antoinette het ook haar velsorg aangepas deur gebruik te maak van Lamelle se deurbraak anti-verouderings produkte wat onder meer fyn lyne en plooie beveg om ‘n gladder, sterker vel te verseker. Die aanlyn-velsorgwinkel, Dermastore, het deurgaans gesorg vir lekker Lamelle-bederfprodukte vir Antoinette.

Antoinette het ook heelwat skade aan haar tande gehad. Dr JJ Serfontein het vir haar ‘n nuwe glimlag gegee deur om Emax- veneers te gebruik en ook wit te laat blink met ‘n Phillips Zoom behandeling.

Antoinette is iemand wat al uiters moeilike uitdagings moes oorkom, maar haar positiewe lewensuitkyk en haar en dankbaarheid vir nuwe geleenthede maak dat sy nooit sal opgee nie. Antoinette kan nou met selfvertroue haar toekoms aanpak, sonder die tekens van die verlede wat vir haar terugstaar in die spieël.

“Die Mooimaak-reis,  verander nie net die uiterlike nie maar ook hoofsaaklik die innerlike. 'n Mooi uiterlike kan slegs gebeur wanneer ons die seer binne ons heel.  My Mooimaak-reis het my gehelp om dit wat binne my was en my sprankel gesteel het oor jare,  te verwerk en my laat besef dat EK genoeg is,  dat EK uniek is en bowenal om myself lief te hê. Mooimaak het my geleer om weer met passie te lewe!” – Antoinette Vosloo

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.