Logo

Amelia leer baie in haar Mooimaak reis – Mooimaak 3

Nuus
14 Januarie 2021
Haar Mooimaak-reis was inspirerend, uitdagend en bowenal – ‘n groot sukses!
Mooimaak Cover

Amelia is ‘n assistent-boer van Morreesburg. Sy is mal oor die plaaslewe en om saam met haar vriendekring te kuier en sy het ‘n besondere liefde en talent vir musiek. Tog het sy ‘n punt bereik waar sy besef het sy is gelukkig met haarself, maar nie met haar voorkoms nie. Om Amelia te help om haar selfvertroue terug te kry, het Clare en die span ‘n verrassing vir Amelia gereël. Sy kon een van haar eie liedjies professioneel laat opneem saam met Danie van Spoegwolf. Checkers het gesorg vir verversings tydens die opname.

Amelia het ‘n lang lys gehad van dinge wat sy aan haar vel se voorkoms wil verander. Sy sukkel onder andere met ‘n rooi gelaat en groot porrieë. Laserderm kon help hiermee deur die gebruik van die ND Yag Skin Rejuv Laser wat help om porieë te verfyn en om die vel te hergenereer. Amelia het ook gesukkel met sporadiese veluitslae en Lamelle se Serra produk het gehelp om verligting hiervoor te bied. Alhoewel Amelia in Morreesburg bly, kan sy steeds haar Lamelle-produkte ontvang, deur dit aanlyn te bestel by Dermastore wat landwyd aflewer binne 3 – 5 dae.

Amelia is gelukkig om baie goeie, gesonde tande te hê, maar wat slegs effens te klein is. Dr Melissa Brink van JJS Dentistry het Amelia se glimlag verbeter met die gebruik van Emax veneers en ‘n Phillips Zoom-bleiking.

Haar Mooimaak-reis was inspirerend, uitdagend en bowenal – ‘n groot sukses!

“Toe ek die Mooimaak-inskrywing sien het ek dadelik geweet dat dit sonder twyfel iets is wat ek moet doen. Elke mens kry hulle af tye waar jy nie goed voel oor jouself en hoe jy lyk nie. Ek was baie opgewonde om te hoor ek kry die geleentheid vir ‘n Mooimaak "makeover". Die proses is beslis nie sonder pyn, stres en 'n paar opofferings nie, maar uiteindelik is dit die mens wat jy daar uitstap wat die reis die moeite werd maak. Ek is dankbaar vir elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het. Ek het baie geleer van produkte en prosedures, verskillende mense en hulle denkwyses, en het selfs ‘n paar dinge van myself geleer.” – Amelia van der Westhuyzen

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.