Logo

Altus en Zetske verwelkom babaseuntjie

Nuus
30 September 2016
Op 30 September 2016 is die glanspaartjie Altus Theart en Zetske van Pletzen se eersteling, ’n babaseuntjie, gebore.
BRAVO ALTUS & ZETSKE
Op 30 September 2016 is die glanspaartjie Altus Theart en Zetske van Pletzen se eersteling, ’n babaseuntjie, gebore.

“Vandag het my lewe vir die tweede keer begin,” sê Altus. “Ek en Zetske is so geseënd om hierdie geskenk van die Here af te ontvang. Woorde kan nie beskryf hoe dit gevoel het om ons lyfie vas te hou nie.”

Altus is bekend vir sy rolle in Getroud met Rugby: die sepie, Roepman, Bakgat en Verraaiers.

Zetske het op haar beurt in onder meer 7de Laan en Binnelanders gespeel. Zetske is deesdae ook besig met modeontwerp, wat onder meer ’n klerereeks vir swanger vroue insluit.

34 bravo 2

34 bravo zetske 2

34 bravo altus zetske reynard 1



Die twee se paaie het tydens die verfilming van Kruispad gekruis en in 2012 is hulle getroud.

Die paartjie het ook vroeër die jaar in ’n nuwe huis in Johannesburg ingetrek en die Bravo!-span het onlangs gaan inloer om uit te vind of hulle ingerig is vir die pienkvoet.

Kyk die video hier onder: