Logo
web uni tv guide

Afskaal

145DokumentêrPG13L

Almal is ’n wenner – Afskaal

Nuus
09 Januarie 2020
MET SLENDER WONDER SE HULP, VERLOOR “AFSKAAL” WENNER MEER AS 30KG.
<p>Afskaal groep</p>

PRETORIA, 8 Januarie, 2020: Die laaste episode van die gewilde kykNET-reeks “Afskaal” het eintlik vier wenners gehad. So voel die algehele wenner, die 40-jarige Jandri Swart van Clubview, Centurion. Dié ma van ’n 12-jarige seun en 9-jarige tweeling dogtertjies het reg aan die begin van die reeks genoem dat sy dit sien as ’n ongelooflike reis wat voorlê, maar nie eers in haar wildste drome het sy gedink dit so ’n onvergeetlike ervaring sou wees nie.

 

Boonop voel sy dat sy sommer twee sussies en ’n broer bygekry het in die proses. Kykers kon week na week sien hoe Jandri, Beverley, Hennie en Noelien mekaar ondersteun het en moed ingepraat het, net soos ware familie dit sou doen. En alhoewel Jandri erken die wen is groot, was dit nie die hoofrede hoekom sy ingeskryf het nie. Dit was alles oor die “journey” en daarom beklemtoon sy haar gevoel dat die reeks eintlik vier wenners opgelewer het, nie net in gewig nie, maar ook in vriendskap en liefde.

 

Aan die begin van die reeks, was Jandri se gewig 103.8kg en sy het gesê sy wou dit graag afbring na 78kg toe. Maar toe gaan die sjirurgiese konsultant en verloor ’n skrapsie meer as 30kg en bereik ‘n eindgewig van 73.3kg. Dit was beslis die opgee van haar gunsteling pakkie aartappelskyfies werd! Behalwe vir mekaar, asook kykers se ondersteuning, sê Jandri sy sal ook nie huiwer om Slender Wonder aan te beveel aan enigiemand wat gewig op ’n gesonde manier wil verloor nie. “Dit is maklik, eenvoudig en dit werk! En ek voel wonderlik, vol energie en lus vir die lewe.” Dan kyk sy weer vir haarself in die spieël en som alles netjies op met ’n “Wow! Wow! Wow!”

Maar wat van die ander deelnemers? Beverley van Boksburg se begingewig was 114.4 kg en sy wou dit afbring na 90kg toe. Haar gewig aan die einde van die reeks was 87.5kg. Hennie van Randfontein se 149.1kg begingewig het teen die einde van die reeks gekrimp na 106.3kg (teenoor sy doelgewig van 110kg.) Laastens, maar nie die minste, het Noelien van Meyerton aan die begin van “Afskaal” 106.4kg geweeg. En alhoewel sy nie haar doelgewig van 75kg kon bereik tydens die reeks nie, het sy steeds daarin geslaag om 19kg af te skud.



 

Om meer uit te vind oor Slender Wonder se reeks gewigsverliesprodukte, volg Slender Wonder op sosiale media of gaan na www.slenderwonder.co.za vir nog susksesverhale soos dié van Jandri, Beverley, Hennie en Noelien.