Logo

Alles gebeur met ’n rede  – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
08 Januarie 2020
Jy verdien ’n breuk… lees dié artikel terwyl jy ’n lekker koppie boeretroos geniet.
1

Terwyl die joligheid van die feestyd en die nuwe dekade nou begin kwyn en jy weer terugkeer na jou normale daaglikse roetine; het ons dit goed gedink om jou terug te neem na die son, see en strand van die boere se vakansie by Plettenbergbaai.

Ons almal was so opgewonde om vir Damian én Andrew by die vakansie te sien – asook om te aanskou hoe hulle liefde gegroei het vandat Damian Andrew se ouers ontmoet het.

Dit was met ’n swaar hart dat Damian ons ingelig het dat die verhouding ongelukkig nie gewerk het nie. Andrew het ook sy kant van die saak gestel. Ons kan nie anders as om te hoop dat dié twee tog geluk sal vind op die einde van die dag nie. Al is dit saam met ander mense. Almal verdien tog liefde?

Intussen hou ons duimvas dat Damian se liefde wen en dat hy die perfekte persoon ontmoet om sy hart – en plaas – mee te deel.

Onthou om in te skakel vir die volgende episode van Boer soek ’n vrou wanneer dit die reünie is. Ons wonder of Boer Damian met iemand gaan opdaag...

Gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op sosiale media.