Logo

Alison Botha-verhaal gaan silwerdoek toe

Nuus
25 Mei 2016
Die dokumentêre rolprent Alison, wat Alison Botha se verhaal van triomf en oorlewing vertel, tref die silwerdoek op 12 Augustus 2016.
Alison Movie 01

Die dokumentêre rolprent Alison, wat handel oor Alison Botha, wat 20 jaar gelede gelede buite Port Elizabeth deur twee mans ontvoer, verkrag en vir die dood agtergelaat is, tref die silwerdoek op 12 Augustus 2016.

Alison se boek, I have life, uitgegee deur Penguin SA in 1998, het op Penguin SA se topverkoperslys gebly en is ook in sewe verskillende tale vertaal. Alison was ook die eerste Suid-Afrikaner om in die openbaar oor ’n verkragting te praat, en sy het in die daaropvolgende jare ’n geliefde internasionale motiveringspreker geword.

Maar dié dokumentêr is baie meer as net ’n rekord van wat ons dink ons reeds van hierdie merkwaardige vrou en storie weet.

Alison is ’n triomfantelike en diep persoonlike film met kontemporêre ondertone van werklikheid en fantasie. Dis ’n verhaal van monsters, wonderwerke en hoop.

Alison is haar eie held, op haar eie terme – feëtuine en al.

WAARSKUWING: Die lokprent bevat ontstellende materiaal en is nie geskik vir sensitiewe kykers nie.



’n Innoverende, maak-’n-verskil-uitreikingsveldtog, The Safe Room, word ook saam met die lewe van die film beplan.

“Dit is ’n groot oomblik wanneer jy iets waarin jy regtig glo met ander deel –’n bietjie senuweeagtig oor wat hul reaksie sal wees. En daardie oomblik word beduidend en deurslaggewend wanneer hulle kies om in dit te glo,” sê Alison.






Die rolprent sal baie van die werklike helde van daardie nag, sowel as die waarnemende talente van Christia Visser, Zak Hendrikz, De Klerk Oelofse en Francois Maree ten toon stel. Regie deur Uga Carlini van Towerkop Creations, in samewerking met kykNET Films, die DTI, die NFVF en Waterfront Film Studios.

Besoek Alison se webblad en op sosiale media (Facebook, Twitter en Instagram).