As ons enige iets van die gewilde reeks Boer soek ’n vrou geleer het is dit dat dit soms ’n gemeenskap vat om die perfekte liefdesverhaal te skep – van die aanbieder tot die boere se familie en selfs die waaghalsige vriendin wat die skaam pasmaat oortuig om ’n brief te skryf. En soms is daar ander belangrik onbesonge ‘helde’ in die reeks wie van ons nie moet vergeet nie. Een van hierdie helde is die geheimsinnige JT.
Wie is JT?
Dalk het jy hom gesien briewe en geskenke landswyd aandra met Leah, dalk het jy hom gesien die pasmaats op hulle gemak stel voordat hulle vir die eerste keer op hulle boere se plase gaan kuier het, of dalk het jy hom gesien ’n ernstige gesprek voer met dié wat die plase moet verlaat. Waarookal jy hom gesien het, ons is seker dat jy al gewonder het oor hom en ook al gedink het oor al die agter-die-skerm-geheime wat hy hou.
DES VERTEL VIR JT HOE SY RÉGTIG VOEL.
Die kykNET-digitaal span het by hom gaan kuier om van hom af te hoor.
Vir hoe lank is jy al deel van die reeks?
Hierdie is my eerste seisoen met Boer soek ’n vrou.
Wat was een van jou hoogtepunte toe jy die briewe aflewer?
Net om die boere se reaksies te sien. Ek het sommer soos Kersvader gevoel!
Hoe het jy die reggekry om ál Boer Damian se briewe en geskenke af te lewer?
Net soos ’n boer, het ek maar ’n plan gemaak.
Het jy enige geheime van die reeks wat jy graag wil deel?
Baie geheime... maar geen wat ek gaan deel nie (haha).
Is daar enige paartjies wie jy dink al potensiaal het?
Daar was vir my drie van die boere wat onmiddellik vonke met seker pasmaats gehad het...
Is dit vir jou moeilik om hartseer pasmaats van die plase te vervoer?
Dit is ja. Ek wonder soms wat die regte ding is om te sê. Ek kan maar net vra of hulle “ok” is.
Na jy al die tyd op die reeks spandeer het, het jy enige vriendskappe gevorm?
Ek was nou al vir so lank op die pad saam met die produksie-span, Leah en die pasmaats so almal voel natuurlik al soos familie.
Glo jy dat die boere eintlik liefde op hierdie reeks kan vind?
Beslis! Op hierdie reeks het ek geleer hoe besig boere eintlik is, so dit is geen wonder dat hulle nie tyd het om uit te gaan en te sosialiseer nie. Hierdie reeks gee vir hulle ’n geleentheid om ’n lewensmaat te ontmoet.
Is jy verbaas dat die pasmaats so maklik met jou praat oor hulle gevoelens wanneer hulle die plaas verlaat?
Ek is nogal verbaas dat hulle so vry voel, maar ek is bly dat hulle my vertrou.
Vir wat staan JT?
JT is kort vir Jonty.
Ons het nog baie tyd om met JT te spandeer, as jy dit nie wil misloop nie, moet jy elke Donderdag om 20:00 in skakel vir die nuutste episodes van Boer soek ’n vrou. Ons wil ook van jóú af hoor so gebruik die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Facebook, Twitter en Instagram.