Logo
Siende Blind 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Siende Blind

144Drama16 VL

Agter die lens – Siende Blind

Nuus
20 November 2020
Die sielkundige riller, Siende Blind, begin Dinsdag 24 November om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Siende Blind Stills Ep01   20

Dié reeks, wat bestaan uit vier episodes, speel af tydens inperking en handel oor ’n profielsamesteller van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat die grendeltyd saam met haar man, haar seun en haar skoonma bestee.

Liezl de Kock, Pietie Beyers, Hanli Rolfes, Christopher van der Westhuizen, Paul Luckhöff en Keenan Arrison is in die reeks, wat tydens die inperking geskiet is, te sien. 

Ontmoet die karakters hier.

Een van die akteurs in Siende Blind, Pietie Beyers, het op die So loop hy maar-potgooi met die regisseur, Morné du Toit, en mede-akteur, Liezl de Kock, gesels oor die reeks en waarna kykers kan uitsien.

In die potgooi vind Pietie by Morné uit hoe hy en die skrywer van die reeks, Tertius Kapp, bymekaar gekom het om die reeks ‘n realiteit te maak. Liezl vertel van die oudisieproses en hoe opgewonde sy was toe sy die rol van Lena gekry het. “Ek is so bly die elemente het só bymekaar gekom,” sê sy van die ervaring om saam met Morné as die regisseur van die reeks te werk. “Dit was definitief een van die ongelooflikste projekte waarby ek al ooit van deel was,” voeg Pietie by. 

Hy som ook die reeks in ‘n sin op: “Die reeks is so vol raaisels…kykers gaan ná elke episode gaan ‘o my liewe genade, wat gaan rérig hier aan?’”.

Luister na die gesprek hier:

Siende Blind saai vanaf 24 November 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit.