Logo
web uni tv guide

Safari 4x4-Roetes

144LeefstylPG

Afskopdag – Safari 4x4 Roetes

Nuus
13 Februarie 2019
Kom geniet ’n spesiale 4x4 ervaring!
kykNET-EB_Safari-4x4-Roetes_Launch

Safari 4x4 Roetes Bied Aan: Safari 4x4 Roetes afskopdag en Boskamp aand saam met André de Villiers en Petri de Wet.

Konsep: Gestruktureerde 4x4 inligtingsdag met ‘n droë Boskamp kuieraand. 

Waar: Sandwani Game Lodge & 4x4 akademiese baan net Noord van Pretoria. 

Wanneer: 23 Februarie 2019

Oorhoofse Program (Program mag ter enige tyd verander afhangend van omstandighede):

  • 07:30 tot 08:30 Registrasie en vrywarings asook koffie en beskuit.
  • 08:30 tot 09:15 bespreking oor die dag aktiwiteite en wys Video.
  • 09:15 tot 10:15 beantwoord vrae  en kort 4x4 lesing
  • 10:30 tot 10:45 Koffie breek
  • 10:45 tot 12:00 Wenke deur Andre en Petri
  • 12:00 tot 13:00 Middagete
  • 13:00 beweeg na 4x4 akademiese baan
  • 13:15 begin met 4x4 akademiese baan ritte (self-drive)
  • 15:15 beweeg na rembaan en ¼ myl sprint.
  • 17:00 beweeg na kampterrein en slaan kamp op.
  • 18:30 KUIER om kampvuur
  • 19:00 Begin met aandete voorbereiding
  • 19:00 Kuier om kampvuur en deel stories.
  • 22:00 Stilte in die Kamp
  • 07:00 Sondag oggend begin met verfilming
  • 10:00 Vertrek van Safari 4x4 Roetes span.

Fooie struktuur: Fooie is vooraf betaalbaar met bespreking. Geen fooie, geen bespreking! Fooie is slegs om direkte uitgawes soos baankostes te dek asook die verskaffing van fasilieteite, toilette, hout, ensovoorts.

Dagfooie:

  • R100 / 4x4 voertuig wat deelneem.
  • R150 / volwasse (Koffie, beskuit, muffin & Saterdag middagete (Hamburger &chips) ingesluit
  • R100 / skoolgaande kinders ( Koffie, beskuit, muffin en Saterdag middagete ingesluit)

Kamp fooie:

  • R200 per kampvoertuig of karavaan of sleepwa
  • R50 per persoon (Volwassenes en kinders)

Sluitingsdatum: 18 Februarie 2019 (Toegang slegs op vooraf besprekings en betaling)

Besprekings kan gedoen word per epos aan [email protected] of per WhatsApp na 0664725302.

Algemene riglyne / inligting:

  1. Slegs 4x4 voertuie word toegelaat en slegs op bespreking. 
  2. Maksimum hoeveelheid  persone per voertuig = hoeveelheid werkende / wettige veiligheidsgordels.
  3. Alle tipe voertuie welkom.
  4. Voertuie word op eie risiko bestuur op terrein met geldige rybewys.
  5. Almal moet ’n vrywaringsvorm teken as hy/sy wil bywoon.
  6. Elke persoon voorsien sy eie drinkgoed en verversings vir die dag. Ons voorsien die koffie, beskuit, muffin en hamburgers vir middagete.
  7. Geen drank word op die bane of gedurende die dag toegelaat nie!
  8. Die kampers wat oorslaap moet hul eie kos vir aandete saambring en self die kos maak.
  9. Kontant kroeg is beskikbaar, maar dit is ry afstand vêr van die kampterrein.
  10. Borge van Safari 4x4 Roetes sal ook teenwoordig wees om enige vrae te beantwoord en raad te gee oor hul kwaliteit produkte wat ons gebruik, asook hoekom ons dit gebruik.
  11. Droë boskamp area word voorsien, dus geen fasiliteite nie. Dis ’n self versorgende kamp, net soos ons dit doen met Safari 4x4 Roetes.
  12. Ons voorsien ’n groot vuur waarom almal kan kuier, bring gerus jou eie kampstoel saam. Jy kan ook ’n bydrae maak met ’n sakkie hout of twee vir jou eie kole.
  13. Bring eie kamptoerusting, was geriewe en braai geriewe saam, want ons gaan braai!
  14. Daar sal ’n paar Amarok voertuie beskikbaar wees om van die hindernisse mee aan te durf!
  15. Teen 22:00 is ligte uit en ons staan die volgende oggend sonsopkoms op.
  16. Elkeen maak sy eie ontbyt waarna ons oppak en vertrek.
  17. Ons los die kampterrein agter soos ons hom gekry het!
  18. Almal verlaat die kampterrein voor 11:00 op 24 Februarie 2019.
  19. ’n Maksimum van 40 voertuie word toegelaat vir die dag. Met bespreking en suksesvolle betaling sal jy ’n nommer kry om jou posisie aan te dui.
  20. ’n Maksimum van 30 kamper voertuie word toegelaat. Met bespreking en suksesvolle betaling sal jy ’n nommer kry om jou droë boskamp posisie aan te dui.
  21. Verandering aan die uitleg en dag se program mag verander sonder om jou in kennis te stel.

Safari 4x4 Roetes skop die 2de April om 17:00 af op kykNET.