Logo

Afrikaans is sexy!

Nuus
23 Oktober 2017
Lovin.ie het onlangs Afrikaans as die sexyste aksent in die wêreld aangewys.
Afrikaans-is-sexy

FOTO: Ouboet en Wors

Volgens dié Ierse webwerf klink Japanners “oulik” (maar níé sexy nie), die Switsers “te ernstig” en Russies is pleinweg “skrikwekkend”.

Die Lovin.ie-span het op hul “eie betroubare ore” staatgemaak om te bepaal watter aksente die ranglys haal, en gesê Suid-Afrika se Afrikaans “is die sleutel tot ons harte”. Afrikaans is nr. 1 uit 50 aksente.

kykNET Premium (beskikbaar op die DStv Premium- en Compact Plus-pakkette) is ’n topgehalte-televisiekanaal wat kykers boei met inspirerende stories en skitterende vermaak in elke genre – en dít in Afrikaans!

Saam met Afrikaans in die top-10 is Amerikaans (maar meer spesifiek die aksent wat aan die suide van die VSA gehoor kan word), Jamaikaans, Israeli, Spaans, Iers, Frans, Australies, Noord-Iers en Italiaans.

Sien die volledige ranglys hier.

Afrikaans is ’n kultuurtaal, ’n hartstaal met hope karakter en verskillende dialekte, en kykNET se kernbesigheid – ons grootste passie.

Afrikaans leef in ’n fiktiewe voorstad in Kaapstad, reis na Frankryk en skryf sprokiesverhale op plase regoor Suid-Afrika. Frases soos “Poeksie Woeksie se Woepsie Wapsie Worsie” word volksbesit, en in ons moedertaal word daar gelag, gehuil, gebraai en verfraai.

Lees meer oor die vars vermaak wat vanaf Oktober op kykNET uitgesaai word.