kykNET het dié week onder skoot gekom omdat net wit kunstenaars opgetree het by die Ghoema-aand op 24 Maart vanjaar. Die Stellenbosse akademikus en lid van die Afrikaanse Taalraad (ATR), dr. Michael le Cordeur, het in ’n koerantartikel geskryf: “KykNET beklee ’n magtige posisie in die Afrikaanse wêreld. Hulle het egter ook die plig om vir die land se kykers te wys hoe ver ons al op die pad van versoening en nasiebou gevorder het deur middel van Afrikaans, dat Afrikaans nie net ’n mooi en soete taal is nie, maar dat dit sy sprekers van alle kleure en geure kan bemagtig.”
Lees die volledige artikel hier.
Karen Meiring, hoof van Afrikaanse Kanale by MNet, het Le Cordeur geantwoord in dié meningasartikel:
Die gerespekteerde akademikus en Afrikaanse taal-aktivis dr. Michael le Cordeur sal ver moet gaan soek vir ’n groter bondgenoot as kykNET vir die kwessies wat hy aanroer in die artikel “Die Ghoemas se spierwit probleem” in Beeld van 16 Maart 2015.
Reg vanaf ons stigting meer as 15 jaar gelede het kykNET uit sy pad gegaan om sigbaar en hoorbaar uiting te gee aan die “veelfasettige afkoms van Afrikaans”, soos hy dit noem. Afrikaans-inklusief is vasgelê in kykNET se DNS. Ek verstout my om te sê op min ander Afrikaanse mediaplatforms is die wonderlike diversiteit van ons taal en haar mense so duidelik sigbaar soos by kykNET. Tog beskou ons ons roeping nie as afgehandel nie. Dis ’n strewe wat nog heelwat moet bereik – soos blyk uit Michael se artikel.
Ons glo opreg die dramas, die reekse, die vermaaklikheidsprogramme en die musiekprogramme wat oor die jare heen op kykNET en verwante kanale gesien is, weerspieel nie ’n “witmanstaal” of ‘n witmenswêreld nie. Dieselfde geld geleenthede en inisiatiewe wat kykNET borg of ondersteun.
In die proses om Afrikaans te wys as ’n huis met vele woonplekke het kykNET gehelp om van talentvolle mense soos Tammy-Ann Fortuin, Elana Afrika, Kim Cloete, Emo Adams, Jenna-Leigh February, Rozanne McKenzie, Breyton Paulse en Ashwin Willemse huishoudelike name te maak, gewaardeer onder alle Afrikaanspraters.
By die Silwerskermfees het ons onontdekte bruin Afrikaanse talent raakgeboor vir die kortfilm-reeks “Ons Stories”. Dis besondere verhale uit die Afrikaanse bruin gemeenskap.
Hierby het kykNET onlangs opdrag gegee vir die vervaardiging van ’n nuwe Afrikaanse sepie wat in die Wes-Kaap afspeel – daar waar die grootste Afrikaanse diversiteit aangetref word en waar gekleurde Afrikaanssprekendes die meerderheid vorm. (Hoe lyk dit met ’n gasverskyning, Michael?)
Voorts gaan ons en die tydskrif Kuier, wat gemik is op die bruin Afrikaanse mark, binnekort saamwerk in ’n Idols-tipe talentkompetisie met die uitsluitende doel om bruin Afrikaanse musiektalent te ontdek en vir die wêreld te wys. Ons sit nie stil nie.
Michael noem in sy artikel van die Jaloersbokkies, die ghoema-groep wat die sangeres Nedine Blom en Jawaahier Petersen, Taliep Petersen se dogter, gestig het. kykNET was onder die eerstes wat hul unieke waarde raakgesien het. Daarom ondersteun ons die Jaloersbokkies met ’n borgskap ter waarde van etlike honderd duisend rand.
Van Taliep gepraat: kykNET het geen geringe aandeel gehad daaraan dat hy so ’n geliefde figuur in die breë Afrikaanse gemeenskap geraak het nie.
Wat die Ghoemas-aand betref: dit is belangrik om te let op die konteks en aard van die kompetisie. Die kern daarvan is erkenning aan die kommersiële sukses van Afrikaanse musiek. Daar is nie beoordelaars nie, net geouditeerde syfers van verkope. Die beste verkopers wen pryse. Dis dalk nie ideaal nie, maar by die geleentheid ter sprake was al die wenners wit Afrikaanse kunstenaars. Uit sy artikel blyk dit Michael is nie met ons in dispuut hieroor nie.
Die gaskunstenaars vir die aand het uit die geledere van die wenners en benoemdes gekom. Daarom was hulle oorwegend wit. Die keuse van gaskunstenaars by ’n geleentheid soos Ghoemas hang dikwels ook af van die beskikbaarheid van die gewildstes.
Almal was ook nie spierwit nie. Die aanbieders die aand was Rozanne McKenzie, Denver Vraagom en Solomon Cupido. Die dansgroep was oorwegend bruin en die gasorkes het gekleurde lede gehad. Dis aspekte van die aand waaroor kykNET beheer gehad het.
Dalk is die ware uitdaging dat ons harder moet soek na bruin Afrikaanse kunstenaars wat presteer in die soort kompetisie wat Ghoemas is, naamlik die erkenning van oorspronklike Afrikaanse skeppings wat goed verkoop. Een oplossing is moontlik om opnuut na die kategorieë te kyk. Hieroor sal ek graag met Michael en ander belanghebbendes wil gesels soos ons die pad stap van ’n inklusiewe Afrikaanse TV-wêreld.
Ten slotte: Michael skryf die ATR, waar hy ’n direkteur is, het al “amptelik” by kykNET “gekla” oor die kwessies wat hy in die artikel geopper het. Maar hy, die ATR en ander wat die ideaal van ’n voller Afrikaanse taal- en leefwêreld so hartstogtelik op die hart dra, hoef nie te kla nie. Ons moet net die bestaande kanale en die deurlopende dialoog benut om nóg effektiewer maniere te vind om Afrikaans in haar volle diversiteit op kykNET en al ons verhoë en verwante kanale te reflekteer.
Net eergister skryf Michael in ’n e-pos in verband met die Ghoema-aand hy het “reeds tien dae gelede ’n oop gesprek met me. Meiring gehad en die saak uitgepraat”.
“Ons, die ATR en kykNET het op ’n proses ooreengekom om die saak in die toekoms grondig aan te spreek,” skryf hy.
Dankie, dis ook hoe ons dit sien.
Michael noem van die besondere posisie wat kykNET in die Afrikaanse wêreld beklee – en van die verantwoordelikheid wat dit op ons lê. Ons deins nie terug daarvan nie. kykNET is volkome verbind tot die proses waarvan Michael praat. Nie net oor die Ghoemas-aand nie, maar ook oor die wyer belange van ons taal.
Meiring is Direkteur van Afrikaanse Kanale by MNet.