KykNET en Afri-Visie se “Skryf ’n Treffer”-kompetisie het die Suidoosterfees op ’n fantastiese wyse afgesluit. Twee het tydens ’n swierige geleentheid by Grand West in Kaapstad as die waardige wenner uit die stryd getree. Hul liedjie “Ek Sweer” het nie net die gehoor en die publiek gaande gehad nie, maar die beoordelaars was dit ook eens dat Herman Kleynhans se lirieke (en vertoning) oor al die regte eienskappe van ’n treffer beskik.
Kyk die musiekvideo vir “Ek Sweer” hier.
Hy het dan ook weggestap met die allemuntige prys van R250 000, wat darem aan die kompetisie ’n rapsie meer as net erkenning van kollegas en die industrie verleen. Die glimlagte (en trane) het getuig van hul dankbaarheid en ook die vlak van inspanning wat uiteidelik, maar seker ook net tydelik, tot ’n einde gekom het.
Die skouspelagtige aand was alles wat dit beloof het om te wees en Grand West het gesorg vir top-fasiliteite voor en agter die skerms. Wat die gas-kunstenaars betref, is seker gemaak dat ’n gesonde en eklektiese veskeidenheid elemente die verhoog betree. Koos Kombuis, Anton Goosen, Kurt Darren, Karla du Plessis, Karin Kortje en Alistair Izobell het gesorg vir vermaak uit die boonste rakke.
Graag wil ons van kykNET en Afri-Visie se kant die deelnemers, beoordelaars, gehoor en kykers by die huis bedank vir die onvergeetlike ervaring van die afgelope maand. Dit getuig net weereens dat die Suid-Afrikaanse publiek ’n wenresep ken as hulle dit ervaar, maar ook dat daar ’n algehele en definitiewe hunkering is na nuwe, kreatiewe lirieke-boere. Afrikaanse musiek is gesond en dit word net sterker met die blootstelling, wat relatief onbekende kunstenaars begin geniet deur middel van ’n platform soos Afri-Visie.
Wees gerus op die uitkyk vir die Afri-Visie CD en DVD in selektiewe musiekwinkels. Dis verseker die moeite en die kyk werd.
Tot volgende jaar!