In hierdie derde aflewering van Afri-Visie is nog sewe komposisies aan die kykers bekend gestel. Daar was ook sewe splinternuwe musiekvideo’s wat die verbeelding kon aangryp.
Die publiek kon weer hoor wat die beoordelaars van die liedjies dink en watter terugvoer hulle vir die skrywers het. Bala, Greeff en Niemand is meesters op hul vakgebied en die kykers kon hulself verlustig aan die insig en kennis wat hulle met die deelnemers gedeel het.
Slegs twee episodes is oor voor die wenner op 3 Mei tydens ’n spoggerige geleentheid in die Grand Arena by Grand West aangekondig word! Die geleentheid maak deel uit van die Suidooster-fees en beloof om ’n ster-belaaide saamtrek te wees. Kaartjies vir die skouspel is reeds te koop en belangstellendes word aangemoedig om dadelik hul naaste Computicket te besoek.
Sosiale netwerke is gewoonlik weer oorlaai met boodskappe, wenke en persoonlike voorkeure. Sluit gerus by die gesprekke aan en laat jou stem geld. Onthou om van die hutspunt #HoorMyLied op Facebook en Twitter gebruik te maak.
Vir meer oor die beskikbaarheid van kaartjies, kliek hier.
Maak seker jy weet presies hoe om vir jou gunsteling-liedjie te stem.
Kyk weer na die top-26 liedjies hier.
*Action Motor Group Krugersdorp is 'n trotse borg van Afri-Visie.