Die uitmergelende wagtydperk is uiteindelik op ’n einde en die top 10 finaliste van kykNET se Afri-Visie se “Skryf ’n Treffer Kompetisie” is sopas op Kwêla bekend gemaak. Die beoordelaars en die publiek het voorwaar ’n moeilike taak gehad om slegs 10 van die deelnemers uit te sonder.
Jou Afri-Visie top 10 is soos volg (in geen spesifieke volgorde):
Klik op 'n liedjie se skakel om daarna te luister
Langpad na later – Antonie de Jager – Uitvoerende Kunstenaar Laudo Liebenberg
Sing my aan die slaap – Carlé van Deventer / Joe Foster
Reën – Gera Phielix
Verlangebaan – Heidi van Wyk
Ek sweer – Herman Kleinhans – Uitvoerende Kunstenaar Twee
Die idee wat tel – Hugo Ludik & Reynhardt Hugo – Uitvoerende Kunstenaar ADAM
Na Na Hey! – Lokka Vox
Iets om in te glo – Mynhardt Smit – Uitvoerende Kunstenaar Len Muller
Als of niks – Stephan van Huyssteen – Uitvoerende Kunstenaar NRG
Wie is jy – William Loots – Uitvoerende Kunstenaar Lee Scott
Die deelnemers het nou (meer as ooit) jul stemme nodig en die stem-platforms het om 21:00 weer oopgemaak. Laat jou stem geld op die Afri-Visie webtuiste (www.afri-visie.co.za), die Afri-Visie toep, per SMS, QR kode en op WeChat.
Die kompetisie neem nou ’n heeltemal ander dimensie aan soos die fokus verskuif na die regstreekse kroning van ons wenner by Grand West Casino op Sondag 3 Mei om 16:30. Gaskunstenaars vir die spoggeleentheid sluit in Anton Goosen, Kurt Darren, Karla du Plessis, Koos Kombuis, Karin Kortje, Alistair Izobell, Jawaahier & Ashur Petersen.
Besoek gerus jou naaste Computicket kiosk of gaan aanlyn vir kaartjies om die geleentheid saam met ons mee te maak.
Hou die gesprek aan die gang en onthou om van die hutspunt #HoorMyLied gebruik te maak wanneer jy die Facebook- en Twitter-platforms betree. Volg gerus ook al die aksie soos ons regstreeks van die finaal die sosiale media platforms (Facebook en Twitter) warm hou met brokkies nuus nes dit gebeur.
Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om die publiek en media opreg te bedank vir hul volgehoue ondersteuning en getroue interaksie gedurende die stemproses in April.

- Vir meer besonderhede oor beskikbaarheid van kaartjies volg die skakel http://bit.ly/1NAOJvZ.