Logo

Afri-Visie: Episode 4

Nuus
23 April 2015
Die voorlaaste episode is afgehandel en aanhangers kan nou uitsien na die vyfde (en laaste) aflewering
AFRIVISIE_LOGO
Die voorlaaste episode van die Afri Visie se Skryf ’n Treffer-kompetisie is afgehandel en aanhangers kan nou uitsien na die vyfde (en laaste) aflewering voor ons fokus verskuif na die Grand West Casino in Kaapstad vir die kroning van diewenner.

Deelnemers het weereens nie teleurgestel met trefferliedjies nie. Die regisseurs was eweneens briljant en die kwaliteit van die musiekvideo’s was van uitstaande gehalte. Soos die bekendstelling van die skrywers toeneem, raak dit ál moeiliker om by een gunsteling te hou.

Soos gewoonlik, was die sosiale platform Twitter bedrywig gedurende die program en kykers was nie skaam om hulle gunstelinge lof toe te swaai nie. Ook die beoordelaars het ’n haal of wat met die heuningkwas weg. Loyiso Bala verbaas elke episode meer met sy Afrikaanse kwikslae en dit is duidelik dat sy opmerkings baie goed ontvang word.

Hou die gesprek aan die gang en onthou om van die hutspunt #HoorMyLied gebruik te maak wanneer jy die Facebook- en Twitter-platforms betree.

Bly ingeskakel vir volgende week se episode waar ons jou meer vertel oor presies wie en wat julle kan verwag op die 3de Mei by die Grand Arena in Kaapstad.

Besoek gerus jou naaste Computicket-kiosk, of bespreek kaartjies aanlyn om te verseker dat jy hierdie spesiale geleentheid kan bywoon.

Vir meer oor die beskikbaarheid van kaartjies, kliek hier.

Maak seker jy weet presies hoe om vir jou gunsteling-liedjie te stem.

Kyk weer na die top-26 liedjies hier.