Logo
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Aandag, alle grootmense! – Kyk wie praat

Nuus
25 Mei 2022
Die klas is gereed, en nou is ons opsoek na jou! 
Kyk wie praat

Hoe goed ken jy kinders? Sal jy die antwoorde reg kan voorspel wat ons vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 9 gevra het? Is jy beskikbaar tussen 1 en 10 Julie vir verfilming in Kaapstad? Skryf dan nou in en staan ’n kans om deel te wees van Kyk wie praatn kykNET-speletjiesprogram met kinders, vir grootmense. 

Op die spel is groot kontantpryse en hope pret!

HOE OM IN TE SKRYF

  • Stuur ’n video van jouself via WhatsApp na 079 639 3028.
    • (jou video mag nie langer as 2 minute wees nie)
    • Vertel ons bietjie meer van jouself – naam, beroep en belangstellings en waar jy tans woon.
    • Is daar ’n spesiale kind/kinders in jou lewe?
    • Hoekom sal jy goed vaar in ’n speletjiesprogram waar jy kinders se antwoorde moet kan voorspel?
    • Stuur ook asb jou epos adres saam met jou video.
       

BEPALINGS EN VOORWAARDES

  • Vier deelnemers per episode word gekies. Inskrywings waarborg nie deelname nie.
  • Deelnemers word uitgedun deur die loop van ’n episode.
  • Deelnemers moet beskikbaar wees tussen 1 en 10 Julie 2022.
  • Deur in te skryf verklaar jy dat jy:
    •  ’n Suid Afrikaanse burger is.
    • 18 jaar of ouer is
    • nie ’n kriminele rekord het nie.
    • nie betrokke is in enige hangende hofsake nie.
    • nie familie-bande of vriendskapsverhoudinge het met enige lede van die produksiespan of die uitsaaier nie.
    • die reëls en bepalings van Kyk wie praat (die program) soos neergelê deur Homebrew Films (die "vervaardiger") en/of kykNET (die "uitsaaier") bindend is en jy aanvaar dat die besluite van die vervaardiger/uitsaaier finaal is. 
    • regte in terme van die Kopieregwet, wet 98 van 1978 (soos gewysig), toegewys word aan die vervaardiger/uitsaaier en dat jy volle deelname aan die program opgeneem en uitgesaai mag word en dat die regte op hierdie uitsendings in die toekoms aan die vervaardiger/uitsaaier behoort, wat u toewysing aanvaar. 
  • Jy verstaan dat die vervaardiger/uitsaaier nie aanspreeklik is vir enige verlies wat spruit uit u inskrywing, of deelname aan enige aspek van die program nie.
  • Aangesien Kyk wie praat ’n vol skedule het en binne ’n sekere hoeveelheid sessies opgeneem moet word, sal die gekose deelnemers hulself beskikbaar moet stel wanneer dit die vervaardigers se skedule pas en hulle mag moontlik van tyd tot tyd bereid moet wees om vir opnames wat addisionele materiaal vereis, beskikbaar te wees.