Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama

5 Hoogtepunte in episode 8 van Nêrens, Noord-Kaap

Nuus
19 Oktober 2021
Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.
Episode 8 – Nerens, Noord-Kaap

Andries vat die pad

Andries (De Klerk Oelofse) los vir Fleur (Melissa Willering) ’n poskaart om te sê hy gaan verder alleen reis. Later ontmoet hy twee kampeerders in ’n woud en die vrou, Ichika (Shoko Yoshimura) let op dat hy baie kwaad in hom het. “It’s fine to fight the world, but why do you have to do it alone?”, vra sy hom.

Jakkals

Katja (Tinarie van Wyk Loots) se dood, kan klein Andries (Johannes Jordaan) nie ophou in die nag uitglip nie. Hy sê dit is die jakkalse wat hom roep en sy pa (Gideon Lombard) koop vir hom ’n hondjie wat hy Jakkals doop. Ons weet ook nou waar die bandjie vandaan kom wat Andries vir Fleur gegee het.

Af in die drein

Ronnie (Albert Pretorius) is nie seker of hy die regte ding gedoen het om vir Lourens (Arnold Swart) plaas toe te stuur nie. Wanneer Suzette (Daneel van der Walt) vir hom sê hy ken die pad plaas toe, sê hy hy moet homself eers “uitsort”. Later help Suzette vir Ronnie om al sy drank by die kombuiswasbak af te gooi. Maar gaan dit genoeg wees om te help? Wat is die werklike rede hoekom Ronnie sy sorge so verdrink?

Klein Lourens op die plaas

“Dis hoekom sy koppie so hang,” sê Maggie toe Frans (Geon Nel) vir haar vertel van die ongeluk by die skool. Ou Lourens (Frank Opperman) wil weet hoekom die kind so maer is en is grimmig omdat hy dink Ronnie stuur sy probleme na hulle toe. Frans sê dan vir sy pa dat die kind hulle nie ken nie en dat die plaas nou die regte plek vir hom is.

Is Frans jaloers?

Frans en Lorrie (Shana Mans) loop mekaar in die winkel op die dorp raak. Hy vra of dit Coenraad Fick is wat vir haar in die bakkie wag en probeer op sy lomp manier haar waarsku omdat Coenraad glo ’n rokjagter is. “Dalk wil ek bietjie gegryp word,” sê Lorrie. Frans is so onkant gevang dat hy amper al die meel in die winkel koop.

Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.