Logo
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Kinders praat wéér, en grootmense moet luister – Kyk wie praat

Nuus
09 Junie 2022
Skryf solank die datum neer.
Kyk wie praat 2

Binnekort is dit tyd vir kannetjies om die televisie-kollig in die tweede seisoen van Kyk wie praat te steel. In elke Kyk wie praat-episode, wat op die Britse-reeks Small talk gebaseer is, gaan nege kinders vir vier grootmense omtrent op hulle tone hou.

Dit begin Woensdag 27 Julie om 20:00 op kykNET en De Klerk Oelofse is weer die fasiliteerder van die Kyk wie praat-klaskamer.

Die reeks is ’n vasvraprogram met ’n kinkel. De Klerk rig die vrae onderskeidelik aan die kinders, wat almal tussen die ses en nege jaar oud is, en die volwasse deelnemers moet dan raai wat dié wysneuse se antwoorde is.

Ronde per ronde word die ouer en gryser (maar nie noodwendig wyser) deelnemers uitgeskakel tot net een oorbly en met ’n kontantprys van R10,000 wegloop. Boonop is ’n boerpotprys van R100,000 is ir die reekswenner op die spel.

Volgens De Klerk beloof Kyk wie praat  om weer ’n hele paar snaakse oomblikke op te lewer.

“Die klitse is immers lekker bekkig en hul beskrywings gaan kykers beslis lekker laat lag,” sê De Klerk, wie se Boer Jaap-karakter in Hotel self die lagspiere met sy sêgoed gekielie het.

Kyk wie praat herinner volwassenes aan hoe eenvoudig die lewe as ’n kind was, want die onskuld wat kinders het om met soveel oortuiging te sê wat hulle dink is benydenswaardig.”

Vir De Klerk, wat ook deel van die vervaardigingspan is, is daardie eerlikheid van kinders goud werd.

“Om die wêreld deur die oë van klein mensies te sien, gee vir volwassenes ’n beter en vars perspektief op die lewe.”

Kyk wie praat begin Woensdag, 27 Julie om 20:00, op kykNET, DStv-kanaal 144. Kom gesels saam aanlyn met die hutsmerk #KykWiePraat – volg ons op FacebookTwitter en Instagram