Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

Dit is drie in 'n ry vir die sprankelende Marciel Hopkins as aanbieder van 'Boer soek 'n vrou'

Nuus
03 April 2022
Sy het dié nuus Sondagaand (3 April) op die kykNET-vermaakprogram, Bravo! aangekondig.
Untitled design (2)

Lewenslesse, vriendskappe, die pragtige landskap en natuurlik die liefde – dís wat saak maak vir Marciel Hopkins (29) wat pas vir die derde keer aangewys is as Boer soek ’n vrou se aanbieder. En sy is slaggereed om soveel verskillende rigtings moontlik na van die land se boere in te slaan in die 15de seisoen van die maatsoekreeks op kykNET.

Sy het dié nuus Sondagaand (2 April) op die kykNET-vermaakprogram, Bravo! aangekondig.

“Dit is 'n reuse voorreg om vir 'n derde jaar 'n pad saam met 10 boere te stap en om vertrou te word met die groot verantwoordelikheid. Ek is dankbaar vir die avontuur wat voorlê om nou vir 'n tweede jaar van die heel begin af 'n paar duisend kilometer by die Boer-bakkie se odometer te voeg op soek na liefde vir die boere,” verklap ’n opgewonde Marciel.

En  van die plaaslewe self kan jy boonop ook dié pragtige model, lewensafrigter  en nou ook aktrise (Klein Karoo 2) min vertel. Sy het immers van haar kinderjare op die bekende wynlandgoed De Grendel naby Kaapstad deurgebring.

Marciel se eerste keer as aanbieder van die gewilde program was nie sonder duwweltjies nie. Die reeks is aanvanklik in 2021 deur Covid-19 in die wiele gery en sy kon die boere eers later in die reeks van naderby leer ken. Dit was vir haar ’n groot uitdaging want haar groot liefde is mense en om hulle in persoon beter te leer ken.

Maar Marciel het soos ’n ware vegter van ouds die fakkel hoog gedra en ’n sukses daarvan gemaak.

Sy self skryf die sukses van die reeks toe aan die veilige spasie wat die proses bied, asook die integriteit en eienaarskap van die deelnemers én die span wat agter die skerms werk.

“Geen besluite word vooraf vir die boere óf dames gemaak nie, die proses is 100% op vrye keuse gebaseer en dit word ten alle tye gerespekteer. Hierdie elemente hou die proses outentiek en 'real.' Daar is werklik geen verwagting oor die uitkoms van elke boer se proses nie; ons hoop vir groei, die ontwikkeling van selfvertroue en die liefde is dan net 'n bonus,” sê Marciel.

En van die  liefde is daar heelwat ter sprake. Marciel is veral in haar noppies oor die vyf verlowings wat voortgespruit het uit seisoen 13 van Boer soek 'n vrou.

“Ek was al by twee troues in die proses en daar is reeds 'n Boer-baba op pad.”

Maar haar liefde vir die plaaslewe is nie die enigste ooreenkoms tussen Marciel en die Boer soek ’n vrou-deenemers se pad nie. Haar eie  liefdespad loop soos in ’n sprokie hand aan hand, seisoen vir seisoen, saam met dié van die boere wat op soek is na ’n lewensmaat en liefde.

“Ek en Handré Lourens (31) trou op 9 April vanjaar, dis dieselfde dag waarop hy my ses jaar gelede uitgevra het op Tafelberg. Ons is baie opgewonde oor ons groot dag, alles is nou in plek vir 'n mooi en spesiale troudag. My liefdesreis is so mooi verweef met Boer soek 'n vrou: Ek het verloof geraak tydens my eerste seisoen, 'n troue beplan tydens seisoen twee en nou gaan ek 'n getroude vrou wees as ek my derde seisoen skiet. Dis spesiaal en iets wat ek vir altyd sal onthou.”

Die finale episode van die huidige seisoen van Boer Soek ’n Vrou saai Donderdag, 7 April om 20:00, op kykNET uit.  In dié reünie-episode kom al tien boere bymekaar en gesels hulle met Marciel oor hul deelname. Sy vind ook uit wat in die boere se liefdeslewens aangaan en watter paartjies se verhoudings blom.

Pretfeit: Die reeks is vir die eerste keer op 30 September 2008 op kykNET met Elma Postma as aanbieder uitgesaai.