Logo

Die perfekte pasmaat – Boer soek 'n vrou

Nuus
13 Januarie 2022
Marciel en ons kykers het amptelik vanjaar se boere ontmoet, lees hier wat vir hulle belangrik is in 'n verhouding...
Boer soek 'n vrou S14 – Episode 1

Boer Albertus
Boer Albertus verduidelik hoekom lag en 'n goeie sin vir humor vir hom belangrik is.

Boer Carel
Om mekaar te ondersteun in 'n verhouding lê baie na aan boer Carel se hart.

Boer Gerhard
'n Liefde vir diere is bo-aan boer Gerhard se lys as dit by die kies van 'n lewensmaat kom.

Boer Hannis
'n Vrou se oë en iemand wat passievol is, is waarna boer Hannis kyk in sy ideale pasmaat.

Boer Johan
Ons hoop boer Johan ontmoet iemand wat die rustigheid van die plaas maar ook die gejaag van die bedryf saam met hom sal geniet.

Boer Mary-Lou
Boer Mary-Lou verduidelik hoe 'n man in haar selfstandige lewe sal inpas.

Boer Nelis
Boer Nelis glo dat as jy die 'hero' in jou lewensmaat se oë is, is jy reeds 'n wenner.

Boer Petré
Boer Petré hoop om 'n lewensmaat te ontmoet wat sy sin vir humor sal verstaan

Boer Tyson
Boer Tyson hoop om teen die einde van dié liefdesreis sy toekomstige vrou te ontmoet.

Boer Willem
Boer Willem verduidelik wat 'n vrou se rol op sy plaas sal wees.

Skakel volgende Donderdag om 20:00 in vir Boer soek 'n vrou en gesels saam op sosiale media.