Logo
web uni tv guide

Prontuit

144NuusPG13

Marco Botha en die Chapmans – Prontuit

Fotos
24 Januarie

Die afgelope dekade of wat is daar wêreldwyd baie inisiatiewe geloods en miljoene rand beskikbaar gestel om sogenaamde eerste nasies, of first nations, op te hef en selfs te beskerm teen uitwissing. 

Verlede jaar is Marco Botha, ‘n joernalis, storieverteller en sportkommentator van Kaapstad, se roman, Die spore van Gert Saggiestrap, bekend gestel. Dié roman skets ‘n ander prentjie as die verromantiseerde beeld van Boesmans wat onder meer deur die bekroonde fliek, The Gods must be Crazy, voor gehou is. 

Twee jaar gelede, op Epukiro Pos 3, in die Noordooste van Namibië naby Gobabis, het Marco bevriend geraak met die Chapman-familie wat deel is van die  Ju/’hoansi-groep Boesmans. 

Vier maande na Namibië se eerste onafhanklike verkiesing het ‘n wit vragmotor van die VN die Chapmans buite Gobabis gaan haal. Hulle word die eerste familie van buite die ou Boesmanland wat op hul tradisionele grondgebied, by Nai-Nai, hervestig is. Paul Chapman, die pa van die gesin, het redelik suksesvol geboer en ander Boesmanfamilies bygestaan. Hy is egter in 1995 onder vreemde omstandighede dood en sy gesin, waaronder sy seun Frans en dogter Martha, kon hom nooit begrawe nie. Frans was toe skaars ‘n tiener. Die boerdery het agteruit gegaan en die kinders het hulle op Epukiro Pos 3 gaan vestig.

Prontuit het Marco, twee jaar nadat hy die Chapmans laas gesien het, terug geneem om met hulle te gaan gesels.

Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Marco Botha en die Chapmans – Prontuit
Gallery

Marco Botha en die Chapmans – Prontuit

1 van 15