Opsomming: Hierdie film fokus op die finale ampsjaar van Suid-Afrika se voormalige Openbare Beskermer Thuli Madonsela en haar strewe om geregtigheid aan die land se burgers te lewer. Nadat sy president Jacob Zuma suksesvol takel oor sy onwettige gebruik van staatsfondse staar die grootste uitdaging van haar loopbaan haar in die gesig: Te midde van betogings, doodsdreigemente en regsuitdagings, moet sy die beweerde stelselmatige oorname van die regering deur ’n private familie wat kop in een mus met die president is, ondersoek.
Maar hoe weeg mens die erns van regeringskorrupsie op teen die morele misdaad van voortgesette ongelykheid? Whispering Truth to Power dokumenteer die spannende verhaal van Madonsela se laaste jaar in diens – en bied terselfdertyd, deur die skep van ’n innemende portret van 'n uitstaande prokureur, ma en vrou, ’n diepgaande insig op kritiese probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar.
Vervaardiger: Francois Verster, Shameela Seedat, Neil Brandt, Brechtje Smidt,Milan Collins
Regisseur: Shameela Seeda