Sinopsis:
Vir die afgelope dertig jaar is Valk Volschenk die mans-enkelspel tenniskampioen op Vrekfontein. Wel, tegnies gesproke is hy ook die enigste manstennisspeler op die dorp sedert daardie omstrede 1984-finaal teen sy aardsvyand, Kroepjan Brand. Wanneer Adriaan Winterbach, ’n ambisieuse dokumentêre filmmaker, sy verskyning op die dorp maak en begin rondkrap, kom hy gou agter dat die rou wonde net onder die stowwerige oppervlak lê. Boonop word die voortbestaan van die klub bedreig deur die sluwe planne van Gys Havenga, die munisipaliteit se raadslid in beheer van sport en onstpanning. Trots. Jaloesie. Kleinlike kompeterendheid. En die duurste prys om te betaal vir jou passie.
’n Donker dokumentêre film in wit tennisklere.
Rolverdeling:
André Roothman
Chris van Niekerk
Deon Lotz
Lida Botha
Wessel Pretorius
Agter die skerms:
Regisseur/Draaiboek: Eckhard Cloete
Vervaardigers: Anton Scholtz en Michael Minnie
Vrekfontein: Foto's