Opsomming: ’n Non, Olga Vockerodt, is ’n top-agent vir die Vrystaatse Vampier Vegters (VVV) wat gestuur word om Vinnie, ’n ou vampier, te onderskep by sy fopbegrafnis en hom te elimineer. Sy ruil die twee kiste op pad na die begraafplaas om en sit vir Vinnie agter in die VVV se lykswa. Die missie ontaard egter in ’n nagmerrie, want Vinnie het sy eie plan beraam. Olga is salig onbewus dat die drywer langs haar eintlik Vinnie is en die regte drywer bewusteloos agter in die kis lê.
Ná ’n naelbytrit na die VVV se elimineringsterrein, kry Olga uiteindelik die oorhand en Vinnie eindig in die brandende kis. Olga mag dalk die missie as suksesvol bestempel, maar Vinnie het die laaste lag wanneer drie van sy slagoffers hulle tande wys en Vinnie se nalatenskap laat voortleef.
Vervaardiger: Louise Malan
Regisseur: Gerhard Ehlers
Draaiboek: Gerhard Ehlers
Met:
Paul Lückhoff
Edrien Erasmus
Agter die skerms – Vinnie + Olga