Opsomming:
Stefan Naude is ‘n geheime agent wat vir Nasionale Intelligensie werk. Stefan se werk is om oproepe van Suid-Afrikaanse burgers te monitor vir moontlike bedreigings vir nasionale sekuriteit. Wanneer Stefan ‘n gesprek afluister tussen ‘n sluipmoordenaar en sy skelmpie, vind hy uit dat ‘n minister se lewe bedreig word. Sy werk, om ‘n plan te beraam wat die minister en nasionale sekuriteit beskerm, word gekompliseer deur sy interne konflik oor die saak. Want die sluipmoordenaar is Stefan se buurman. Die skelmpie is Stefan se vrou. Stefan moet in die geheim werk om sy land én sy vrou te red. Sy kleurvolle kollegas is die enigste mense wat hom dalk kan help om 'n kat se kans te staan. Hulle missie, sou hulle kies om dit te aanvaar, is van nasionale belang.
Vervaardiger: Zak Hendrikz
Regisseur: Hannes Brümmer
Draaiboek: Renaldo Botha
Met:
Tiaan Rautenbach
Zak Hendrikz
Je-ani Swiegelaar
Renaldo Botha
Eloise Clasen
Mari Molefe van Heerden
Agter die skerms – Van Nasionale Belang