Moenie jou skoene vergeet nie.
Opsomming:
Daar is niks soos vars lug om die kop ’n bietjie skoon te kry nie. Maar Magda is moeilik wanneer dit by uitstappies kom. Sy dink nie veel van die gesprekke wat ’n mens langs die pad moet aanknoop nie en vertrou haarself ook nie noodwendig om die pad terug te vind nie. Dit is ’n stryd om haar gereed te kry, maar sy het nie gereken op M nie – ’n jong, doelgerigte vrou wat haar nie gaan laat ore aansit nie. Die plan vir vandag se uitstappie bly dus staan.
Rolverdeling:
Annelisa Weiland
Greta Pietersen
Agter die skerms:
Regisseur: SW Strauss
Oorspronklike draaiboek: Marcel Spaumer
Vervaardigers: Paul Venter en Jaco Loubser
Uitstappie: Foto’s