Opsomming: The Colour of Wine is ’n nuwe dokumentêr deur die bekroonde regisseur Akin Omotoso. Die film vertel die merkwaardige verhale van vier swart wynmakers: Ntsiki Biyela, Dumisani Mathonsi, Carmen Stevens en Unathi Mantshongo. Verweef in hul verhale is verskeie kleurvolle karakters; wynmakers en wynlandgoedeienaars; politici en wynkelners; onderwysers, plaaslike en oorsese wynentoesiaste, asook oortuigde en skeptiese wyndrinkers en -proewers. The Colour of Wine werp lig op die geboorte van demokrasie in Suid-Afrika en die uitdagings wat verandering bied.
Vervaardigers: Rethabile Molatela Mothobi, Harriet Perlman en Akin Omotoso
Regisseur: Akin Omotoso
Draaiboek: Harriet Perlman en Akin Omotoso
Met:
Ntsiki Biyela
Dumisani Mathonsi
Carmen Stevens
Unathi Mantshongo