Opsomming: Die wittebroodfase van Lourens en Susan se huwelik is lankal verby. En wanneer sy ná nog ’n laat aand op kantoor tuiskom en Lourens met sy broek af en sy neus diep in ’n bloufilm betrap, is hulle uiteindelik eerlik met mekaar: Hulle moet iets drasties doen om hulle huwelik te red. Hulle klap ’n bottel wyn en kry die antwoord: SwaaiBraai – ’n eksklusiewe app vir swinger-partytjies. Teen alle huiwering en beterwete besluit hulle om dit vir mekaar te doen. Vrydagaand is dit sulke tyd! Maar toe is die gasheer Lourens se ou pel, Bennie. En wanneer dit by sleutelkies kom, vang sy jong nimfomaniese vrou, Vicky, dadelik Lourens se oog terwyl Susan babbel en bloos voor Anton, ’n selfversekerde silwer vos. Gaan hierdie die vonk wees wat hulle huwelik weer laat vlam vat? Of gaan hulle op die harde manier leer – as jy met vuur speel, sal jy brand?
Vervaardiger: Beverly Toweett
Regisseur: Gerhard Pretorius
Draaiboek: Gerhard Pretorius
Met:
Cintaine Schutte
Johann Vermaak
Agter die skerms – Swaaibraai