Logo
Soek jy 'n lift
web uni tv guide

Soek jy ’n lift

144Drama
Soek jy 'n lift

Meer oor die film

Opsomming:
Wanneer Carmen en Frannie vir hul troudag opdaag, hoor hulle die trouklokke, maar weet nie noodwendig waar die bel hang nie.

Die verhaal van ’n pasgetroude paartjie wat mekaar glad nie goed ken nie. Dit was egter liefde met die eerste oogopslag, en binne enkele maande het hy haar gevra om te trou. Hoewel Carmen ’n konserwatiewe meisie is, is sy nie vervelig nie. Sy’s ’n trouvrou, en Frannie het geweet hy moet haar opraap voor iemand anders dit doen. Hulle beste vriende, Claudie (a.k.a Electra) en Pieter (a.k.a Brink, a.k.a Kombi), dra onderskeidelik by tot oomblikke van enorme spanning en geheime wat skynbaar onder die mat ingevee kan word.

Na hulle droom-bruilof kom Frannie en Carmen giggelend by die hotel ingestrompel, hulle kan hul hande nie van mekaar af hou nie, die huweliksnag het aangebreek...!

Maar dan stop die hysbak skielik. Frannie en Carmen is vasgevang in ’n klein spasie, wat hulle dwing om hul grootste geheime teenoor mekaar te ontbloot.  

Rolverdeling:
Carmen – Mila Guy
Frannie (Francois) – Adam Heyns
Pieter Combrinck – Adriaan van As
Claudie – Lilani Prinsen

Agter die skerms:
Draaiboek – Christel van den Bergh
Regisseur – Marisa Drummond

Foto

Soek jy ’n lift: Foto’s

1 van 12

Die akteurs

Soek jy 'n lift_Mila
Mila Guy
Soek jy 'n lift_Adam
Adam Heyns
Soek jy 'n lift_Adriaan
Adriaan van As
Soek jy 'n lift_ Lilani
Lilani Prinsen

Die akteurs