Sinopsis:
Obsessief-kompulsiewe versteuring (OKV) manifisteer soms in meer as net hande was of teëltjies tel. Die kompulsies van hierdie belemmerende angsversteuring kom in baie gedaantes voor, soms gevaarlik. Louis, ’n jong mondhigiënis en OKV-lyer, het geen beheer oor sy obsessies nie. Hy wil skoonmaak waar hy nie mag nie. Sy metode is altyd dieselfde. Sy stappe altyd in drieë. Sal ’n jong, ligsinnige Anchen genoeg van ’n skommeling in sy siklus veroorsaak om die koers van sy gevaarlike angsversteuring finaal te verander?
Rolverdeling:
Jenna Dunster
Jaco Nothnagel
Pascual Wakefield
Simóne Maltman
Agter die skerms:
Regisseur: Pieter Seyffert
Draaiboek: Nini Conradie en Reinette du Toit
Vervaardiger: Nini Conradie
Skoon: Foto's