Opsomming: SKEEF is ’n boeiende plaaslike dokumentêr wat ’n soeklig werp op die werklikhede van LGBTI+-individue in Suid-Afrika. Dit is ’n eerlike, onverskrokke voorstelling van queer identiteit: die goed, die sleg en die hoë hakskoene. Die radio en TV-aanbieder Renaldo Schwarp reis deur Suid-Afrika en praat met ’n verskeidenheid gaste, insluitend die sanger Joe Foster, die komediant Marc Lottering en die medeskrywer van die fliek Kanarie, Charl-Johan Lingenfelder. Kykers maak ook kennis met Adnan Al Mouselli – ’n gay Siriese uitgewekene wat weens sy seksualiteit uit die land moes vlug.
Vervaardiger: Renaldo Schwarp
Regisseur: Renaldo Schwarp
Met:
Marc Lottering
Joe Foster
Brent Lindeque
Hanzline Davids
Bernard Buys / Betty
Bangles
Roberto Kyle
Charl-Johan Lingenfelder
Josh Harper
Adnan Al Mouselli
Cher Petersen