Gebaseer op die gelyknamige verhoogstuk deur Deon Opperman, Lizz Meiring en Eric Nobbs.
Opsomming:
Binne die mure van ’n estate is alles nie soos dit lyk nie.
In die estate waar die eksentrieke Josie, woon gaan dit alles behalwe rustig, want die “oorlog” tussen die suurknolle van die body corporate en Josie, gaan die lagspiere in hierdie komedie prikkel.
Wanneer Josie ’n patio by sy huis wil bou en die body corporate dit afkeur, span hy sy broer Hardus, ’n hubare vrygesel, in om onder die vroue en mans van die estate amok te maak, as deel van sy wraak. Dié wraak sluit intriges, drama en ‘n paar heerlike verrassings in.
Rolverdeling:
Josie – vertolk deur Neil Sharim
Hardus – vertolk deur Vilje Maritz
Diana – vertolk deur Amalia Uys
Majoor – vertolk deur David Vlok
Ava – vertolk deur Natasja Jacobs
Frezia – vertolk deur Chantal Stanfield
Basil – vertolk deur Solomon Cupido
Raoul – vertolk deur Hannes Brümmer
Agter die skerms:
Draaiboek – Hannes Muller
Regisseur – André Velts
Die Skandaal: Foto’s