Logo
Playboyz billboard
web uni tv guide

Playboyz

144Drama
Playboyz poster

Meer oor die film

Opsomming:
Vyf vriende word gedwing om op ‘n vreemde manier geld in te samel, ter wille van oorlewing.

Playboyz is ’n komedie oor vyf vriende, elkeen met ’n unieke probleem, wat met geld reggestel kan word. Hulle besluit om saam die bul, op ’n onortodokse manier, by die horings te pak, om sodoende hul onderskeie probleme uit te sorteer. Maar sukses is nie maklik nie en hulle moet eers ’n paar harde klippe kou, voordat die geldnote begin inrol.

Mike en sy besigheidsvennoot stamp koppe oor die finansiële toestand van hul kroeg, Doppies.

Sean is ’n rykmanskind en het nog altyd gekry presies wat hy wou hê, totdat hy sy studies opskop en onterf word...

Ryno is ’n aspirant rugbyspeler met ’n buite-egtelike seuntjie en ’n eks-meisie wat hom dagvaar vir meer onderhoud.

Rollie is die ‘wheel-n-dealer’ en is meestal kniediep in die moeilikheid oor lenings en skuld.  

Emma is ’n jong aktrise wat op haar groot deurbraak wag. Sy kan dalk die manne help om hul droom te bereik!

Die gebeure wat afspeel nadat Rollie ’n blink idee kry, oortref almal se verwagtinge en druk hierdie groep vriende tot op die randjie van opgee!

Rolverdeling:
Mike – vertolk deur Stefan Ludik
Rollie – vertolk deur Wynand van Vollenstee
Sean – vertolk deur Deànré Reiners
Ryno – vertolk deur Arno Greeff
Emma – vertolk deur Anlia van Rensburg

Agter die skerms:
Draaiboek – Deon Opperman 
Regisseur – Marisa Drummond

 

Foto

Playboyz: Foto’s

1 van 12

Die akteurs

Playboyz_Stefan
Stefan Ludik
Playboyz_Mathys
Wynand van Vollenstee
Playboyz_Deanre
Deànré Reiners
Playboyz_Arno
Arno Greeff
Playboyz_Anlia
Anlia van Rensburg