Die verhaal van 'n 15-jarige seun (Dirk) wat, na sy ma in 'n motorongeluk sterf, by sy Oupa, wat hy glad nie ken nie, moet gaan bly. Oupa is die seun se enigste oorblywende familielid en woon op ‘n plaas. Oupa was van sy dogter (Dirk se ma) vervreem en het dus geen kontak met sy dogter of kleinseun gehad nie. Die verhaal fokus op die seun se oorgang van moeilike en emosioneel-gebroke tiener tot jong man, geestelik genees en toegerus vir die lewe. Terselfdertyd aanskou ons hoe Oupa se gebrokenheid genees – wat deur die breek met sy dogter veroorsaak is. ‘n Tyd van Waterpere is ‘n goedvoel storie, met ‘n stewige skeut humor, vir ‘n generasie waarbinne betekenisvolle verhoudings tussen grootouers en kleinkinders ‘n skaarste is.