’n Gin in die hand en voet in die hoek.
Opsomming:
Wanneer vier vriende vir ouma Dorothy optel vir haar kleindogter Celia se troue, kom die wiele af tussen Happy Endings Ouetehuis en die troue in Potchefstroom. Toe Celia (Marielise van Rooyen) op haar jarelange studentevriend, Armand (Hannes Brümmer), se knoppie druk om haar ouma (Lida Botha) na haar troue toe te bring, kon sy haar nooit indink hoe hierdie road trip sou ontvou nie. Vasgevang op ’n ander vriend, Simon (Morné du Toit), se camcorder, kan die komiese avontuur meegemaak word op pad troue toe. Ook met Christel van den Bergh as Janetta en Pulane Sekepe as Simphiwe.
Rolverdeling:
Lida Botha
Hannes Brümmer
Morné du Toit
Pulane Sekepe
Christel van den Bergh
Marielise van Rooyen
Agter die skerms:
Regisseur: Ettienne Booysen
Oorspronklike draaiboek: Ettienne Booysen
Vervaardigers: Morné du Toit en Ettienne Booysen
’n Kombie, kameelperd en ’n ‘camcorder’: Foto’s