Opsomming: Meisie is die ongelukkigste persoon op aarde. Sy is al drie keer deur weerlig getref en kry elke Dinsdag ’n koorsblaar. Die dorp se inwoners weet dat sy slegte dinge aantrek en vlug wanneer hulle hoor ’n meteoriet is op pad aarde toe – almal behalwe haar tromspeler-buurman, Otto, wat buitengewoon gelukkig is. Hy kry verniet WiFi en het nog nooit geval nie. Saam probeer Miemie en Otto maniere uitdink om die meteoriet te ontduik, maar die balans tussen geluk en ongeluk is meer ingewikkeld as wat hulle ooit sou kon raai.
Vervaardiger: Claudia van Zyl
Regisseur: Claudia van Zyl
Draaiboek: Claudia van Zyl
Met:
Mila Guy
Bennie Fourie
Agter die skerms – Miemie