Opsomming: Willie is dood. Lika probeer herstel na dié onlangse tragedie. Sy sluit aan by ’n vrouegroep, gaan terug werk toe en glimlag deur ongemaklike kuiers by haar ouers – alles lyk van ver af oukei. Maar ’n pamflet wat beloof om jou met jou oorlede geliefdes te kan verbind, gee vir haar vir die eerste keer in ’n lang tyd hoop. ’n Eienaardige deur verskyn op haar voorstoep, en dis net die begin. Dag ná dag word haar slapelose nagte slegter en sy is seker iets is nie reg nie terwyl sy alles in haar vermoë doen om die waarheid te vergeet.
Vervaardiger: Ryan Johnson
Regisseur: Christian Grobbelaar
Draaiboek: Christian Grobbelaar
Met:
Christine van Hees
Camilla Waldman
Dirk Stoltz
Justin Strydom
Agter die skerms – Lakens