Opsomming: Die Mdantsane-township staan bekend as Suid-Afrika se boksmekka. Knuckle City is die storie van Dudu Nyakama, ’n oor-die-muur-bokser wat glo hy kan sy gebroke familie help deur nog aan een belangrike geveg deel te neem. Daar is noue bande tussen die bokswêreld en die onderwêreld, en Dudu kry onwetend hulp van sy vindingryke broer – ’n bendelid wat uit die tronk kom. Met sy pa wat by hom spook, besef Dudu weldra dat sy stryd by die huis baie meer uitdagend is as enige opponent waarteen hy in die kryt te staan kan kom.
Vervaardiger: Layla Swart
Regisseur: Jahmil X.T. Qubeka
Draaiboek: Jahmil X.T. Qubeka
Met:
Bongile Mantsai
Thembekile Komani
Patrick Ndlovu
Faniswa Yisa
Siv Ngesi
Owen Sejake
Awethu Hleli
Nomhle Nkonyeni
Zolisa Xaluva
Agter die skerms – Knuckle City